Follow the best medical aid in the industry on facebook

mediesefondsadviseurs... waarom moet jy by medihelp registreer?

Medihelp Mediese Skema het groot waardering vir die belangrike rol wat gesondheidsorgadviseurs in die ingewikkelde medieseskemabedryf speel. Ons weet dat ons sukses bepaal word deur ons verbintenis om ondersteuning te bied aan die adviseurs wat kies om ’n makelaarsooreenkoms met ons te sluit. Ons ondersteuning strek verder as bloot die verkoopsbystand wat ons makelaarskonsultante lewer, en sluit ’n deurlopende diens in wat daarop gemik is om tevredenheid vir jou en jou kliënte te verseker.

As een van ons gekontrakteerde adviseurs sal jy toegang hê tot –

  • bemarkingsondersteuning,
  • deurlopende opleiding,
  • ’n makelaarskonsultant in jou streek,
  • ’n nasionale verkoopsbestuurder,
  • ’n toegewyde makelaarsoproepsentrum,
  • aanlyn stelsels met administratiewe, kommunikasie- en bemarkingsfunksies en -hulpmiddels,
  • kontrakbestuur vir finansiële adviseurs,
  • toepaslike leidrade,
  • ondersteuning met die inskryf van korporatiewe groepe en naverkoopdiens, en
  • ’n aanlyn fasiliteit om kwotasies te genereer.

Sluit as ’n finansiële adviseur by Medihelp aan

Medihelp glo daarin om verhoudings te bou wat wedersyds voordelig is. Ons bystand aan jou sal dit bevestig. Ons sien uit daarna om saam met jou te werk.

KRY ’N MAKELAARSOOREENKOMS

Het jy ’n navraag?

Jy kan ons op enige van die volgende wyses kontak:

Navraag Kontakbesonderhede

Navrae oor kommissie, afsprake, kontrakte, akkreditasie, wysiging van adviseur/makelary se besonderhede, versoeke vir finansiële advies en toegang tot die web

012 336 9099
brokers@medihelp.co.za

Nuwe aansoeke, bykomende inligting op onvolledige aansoeke en registrasie van afhanklikes

012 336 9099
newbusiness@medihelp.co.za

Lidmaatskapnavrae

membership@medihelp.co.za

Medihelp se Kliëntesorgsentrum

086 0100 678

Voorafgoedkeuring van hospitaalopnames

hospitalauth@medihelp.co.za

speak to an accredited adviser

Please complete the fields below and we will phone you back with accredited advice

GO