Follow the best medical aid in the industry on facebook

Bly aktief met Medihelp

By Medihelp glo ons aan die aktiewe bevordering van jou gesondheid en fiksheid deur landwyd verskillende gebeure te borg. Of jy nou die Helshoogtepas in die Medihelp Stellenbosch Fietstoer trotseer, deelneem aan Medihelp trapNET se strawwe 95 km-padfietsresies of deur die pragtige voorstede van Pretoria in die Medihelp Sunrise Monster hardloop, hierdie gebeure is ’n lekker manier om jouself te geniet, fiks te word en gesond te bly!

Boonop kry Medihelp-lede wat aan ons gratis aanlyn welstandsprogram HealthPrint behoort, gratis toegang tot Medihelp-geborgde byeenkomste. Selfs al is jy nie ’n lid van Medihelp nie, kan jy gratis toegang kry deur aan te sluit by Medihelp MultiSport, ’n klub vir drawwers/stappers en fietsryers.

Ontdek die ekstra waarde wat jy as lid van HealthPrint geniet

As lid van HealthPrint kry jy toegevoegde waarde wat die volgende insluit:


Jy kan gratis draf en fietsry

HealthPrint-lede neem gratis deel aan alle draf- en fietsrybyeenkomste wat Medihelp borg.

Kry afslag op HealthPrint-vennote se produkte

Registreer om uit te vind hoe jy tussen 10% en 30% afslag op sekere produkte kan kry.

Gewigsverliesprogram

Indien jou LMI 25 of hoër is, kan jy op HealthPrint registreer vir ’n gewigsverliesprogram oor 12 weke.


Wie kan aansluit

Enige lid van Medihelp mag gratis by HealthPrint aansluit. Klik hier om te registreer.

Medihelp-byeenkomste

Medihelp-lede kan uitsien na verskeie opwindende draf- en fietsrybyeenkomste landwyd wat Medihelp borg. Indien jy lid is van Medihelp se gratis aanlyn welstandsprogram, HealthPrint, kan jy gratis aan hierdie byeenkomste deelneem!

Sunrise Monster

Sunrise Monster

Medihelp chatbot
Loading

Loading...