Simptome en toetsing

Het die COVID-19-variante in Suid-Afrika verskillende simptome?

Die algemeenste simptome wat vir alle COVID-19-variante aangemeld word, is:

  • Koors
  • Hoes
  • Kortasemigheid
  • Seer keel
  • Moegheid en swakheid
  • Hoofpyn
  • Spierpyn en lyfseer
  • Kouekoors
  • Verlies aan smaak- of reuk Sommige mense toon ook simptome

Sommige mense toon ook simptome soos naarheid en braking of gastroënteritis, maar dit is minder algemeen. Indien jy enige van hierdie simptome ervaar, raadpleeg asseblief dadelik jou dokter.

Hoe lank nadat ek in nabye kontak was met ’n persoon wat positief vir COVID-19 getoets het, kan ek steeds die virus versprei?

Simptome begin gewoonlik vier tot vyf dae nadat ’n persoon met die virus besmet is, maar in sommige gevalle kan dit tot twee weke duur voordat simptome verskyn.

As jy vermoed dat jy in kontak was met iemand wat COVID-19 het, doen asseblief die volgende:

  • Indien jy nog nie ingeënt (of ten volle ingeënt) is nie, moet jy onmiddellik ’n COVID-19-toets laat doen - selfs as jy nie enige simptome het nie. Laat jouself dadelik weer toets indien jy ’n negatiewe resultaat het, maar simptome ontwikkel. As jou resultaat positief is, moet jy vir minstens 10 dae in selfisolasie bly.
  • Indien jy ten volle ingeënt is en die virus opdoen, kan jy dit aan ander versprei. Laat onmiddellik ’n COVID- 19-toets doen as jy simptome toon. As jou resultaat positief is, moet jy vir minstens 10 dae in selfisolasie bly.

Bron: https://www.cdc.gov/coronavirus/2019-ncov/daily-life-coping/contact-tracing.html

Vir hoe lank is ek aansteeklik indien ek positief toets?

Die meeste mense is gewoonlik 10 tot 14 dae nadat hulle simptome begin het, nie meer aansteeklik nie. Dit sal egter afhang van faktore soos hoe ernstig die infeksie is en watter simptome hulle steeds toon. Bespreek dit asseblief met jou dokter indien jy onseker is.

Wanneer is die siekte op sy ergste?

Indien jy matig siek is, sal jy moontlik simptome soos koors en hoes ervaar maar nie sukkel met asemhaling nie. Die meeste mense is slegs matig siek en kan tuis herstel. Dit neem ongeveer twee weke, maar kan verskil van persoon tot persoon.

Indien jy ernstiger siek is en asemhalingsprobleme het, sal jy moontlik gehospitaliseer moet word, dalk in die intensiewesorgeenheid. Daar sal dokters en verpleegpersoneel jou asemhaling monitor en verbeter en jy sal moontlik suurstof benodig of selfs ’n ventilator wat jou sal help om makliker asem te haal.

 

Daar is verskillende sienings oor wie vatbaar vir COVID-19 is, maar dit blyk dat ouer mense en mense met ernstige onderliggende mediese toestande ’n groter risiko het om ernstig siek te word indien hulle deur COVID-19 besmet word. In die algemeen moet die volgende groepe bewus wees dat hulle in gevaar is:
  • Mense wat 65 jaar en ouer is,
  • Mense van alle ouderdomme met onderliggende mediese toestande soos –
    • ’n chroniese longsiekte of asma,
    • ernstige hartsiektes,
    • ’n toestand wat die immuunstelsel onderdruk, soos in die geval van kankerbehandeling,
    • diabetes,
    • chroniese niersiekte met dialise, en
    • lewersiekte.

04 - Risk

 

As jy bekommerd is dat jy dalk met COVID-19 besmet ismoontlik die virus opgedoen het, moet jy so gou moontlik ’n sifting laat doen.

Skakel jou plaaslike dokter of kliniek. Hulle sal vir jou sê waar jy ’n sifting vir die virus kan laat doen. Indien jy na ’n dokter se spreekkamer, hospitaal of kliniek moet gaan, stel hulle vooraf in kennis. Indien jy getoets moet word ná die sifting, sal die gesondheidsorgverskaffer jou verwys.

Lees meer oor die verskil tussen sifting en toetsing, en wat om te verwag, in ons HealthyInfo.

Gebruik Medihelp se aanlyn soekfunksionaliteit om ’n dokter of hospitaal in jou area te vind.

Onthou:

  • Dra altyd ’n gesigmasker en vermy persoonlike kontak met ander mense.
  • Stel almal met wie jy in kontak was in kennis dat jy simptome van die virus toon.
  • Isoleer jouself as voorkomingsmaatreël terwyl jy wag op jou toetsuitslae en maak seker dat jou simptome gemonitor word.
  • Bedek jou mond en neus wanneer jy hoes en nies, en pas goeie handhigiëne toe.
  • Moenie persoonlike huishoudelike items met ander mense deel nie.
  • Maak alle oppervlaktes waaraan dikwels gevat word, gereeld skoon.

05 - Exposure

 

02 - About