Korporatiewe maatskaplike investering

Ons glo dat ons ’n wesenlike verantwoordelikheid het om te help om die welstand van Suid-Afrikaanse gemeenskappe en die omgewing waarin ons werk, te verbeter. Daarom het Medihelp ’n strategie vir korporatiewe maatskaplike investering (“CSI”) geïmplementeer wat strook met die organisasie se algehele missie, visie en waardes en bydra tot die suksesvolle uitvoering van die organisasie se strategie. By Medihelp wil ons ’n positiewe impak op ons gemeenskappe en die omgewing hê.

Waardes

Waardes

As deel van die uitvoering van Medihelp se maatskaplike en etiekstrategie, bied verskeie Medihelper-projekte ons werknemers die geleentheid om by liefdadigheidsorganisasies van hul keuse betrokke te raak en hulle te ondersteun. Ons baseer ons inisiatiewe op ons strategiese doelwitte, missie, visie en waardes, sowel as die 17 volhoubare ontwikkelingsdoelwitte van die Verenigde Nasies se Departement van Ekonomiese en Maatskaplike Sake.

Ons streef daarna om altyd eties op te tree, met ’n bewustheid van die sosiale, ekonomiese en omgewingsimpak wat ons besigheid het. Ons dra ook by tot ons gemeenskappe deur omgewingsbewustheid, gemeenskapsbetrokkenheid en beleggingsinisiatiewe

Daarbenewens is Medihelp daartoe verbind om ’n etiese werkplekkultuur te handhaaf en is ’n geregistreerde ondersteuner van die Etiekinstituut van Suid-Afrika.