Medihelp se algemene jaarvergadering en 2025-jaarverslag

 

Die Voorsitter van die Raad van Trustees, Chris Klopper, het Medihelp se 120ste algemene jaarvergadering gelei, wat op Donderdag 25 Junie 2026 gehou is. Lede en gaste landwyd het aanlyn deelgeneem.

 

Tussen 15 Mei en 17 Junie het lede gestem oor sake wat die Skema raak. Die stemuitslae is op die Member Zone beskikbaar.

 

Die 2025-jaarverslag is hier onder beskikbaar om te lees of af te laai.

Oorsig van Medihelp se prestasie in 2025

  • Lidmaatskap

    193 744 bevoordeeldes, waaronder 89 836 hooflede.

     

  • Finansiële stabiliteit
    Die Skema het in 2025 uitstekende stabiliteit gehandhaaf.

     

    • Solvensieverhouding

      Ons solvensieverhouding het tot 27,01% verstewig, gemaklik bo die wetlike vereiste. Ons het hierdie mylpaal ’n hele jaar voor ons oorspronklike drie-jaar-solvensieherstellingsplan bereik.

       

    • Eiseverhouding
      Doeltreffende eisebestuur en streng finansiële oorsig het tot ’n verbetering vanaf 94% tot 91,2% in ons eiseverhouding (toepaslike gesondheidsorg-uitgaweverhouding) gelei.