Vrywaring
1. Omskrywings
- “Wet op Verbruikersbeskerming” beteken die Wet op Verbruikersbeskerming 68 van 2008;
-
“Verbruiker”, ten opsigte van bepaalde goedere of dienste, beteken –
- iemand aan wie die bepaalde goedere of dienste in die gewone loop van die verskaffer se besigheid bemark word;
- iemand wat ’n transaksie met ’n verskaffer in die gewone loop van die verskaffer se besigheid aangegaan het, tensy die transaksie van die toepassing van hierdie Wet vrygestel is deur artikel 5(2) of ingevolge artikel 5(3) van die Wet of Verbruikersbeskerming; en
- indien die samehang aldus vereis of toelaat, ’n gebruiker van daardie bepaalde goedere of ’n ontvanger of bevoordeelde van daardie dienste, ongeag of daardie gebruiker, ontvanger of bevoordeelde ’n party by ’n transaksie betreffende die verskaffing van daardie bepaalde goedere of dienste was;
- "Inhoud" – Insluitend maar nie beperk nie tot sagteware en materiaal;
- "Forums" – Insluitend maar nie beperk nie tot bulletinborde, kletskamers en ander publieke areas op https://www.medihelp.co.za of https://toolbox.medihelp.co.za of https://corporate-online.medihelp.co.za;
- “Skade” beteken skade soos omskryf in artikel 61(5) van die Wet op Verbruikersbeskerming;1
- "Materiaal" – Insluitend maar nie beperk nie tot teks, bydraes, klank- en/of videomateriaal in geheel of gedeeltelik;
-
“Diens” sluit in maar is nie beperk nie tot:
- enige werk of onderneming deur iemand anders verrig vir die direkte of indirekte voordeel van iemand anders;
- die voorsiening van enige opleiding, inligting, advies of konsultering, behalwe advies wat ingevolge die Wet op Finansiële Advies- en Tussengangerdienste 37 van 2002 aan regulering onderworpe is;
-
bankdienste of verwante of soortgelyke finansiële dienste, of die onderneming, onderskrywing of aanvaarding van ’n risiko deur iemand namens ’n ander, behalwe in die mate waarin so ’n diens –
- advies- of tussengangerdienste uitmaak wat ingevolge die Wet op Finansiële Advies- en Tussengangerdienste 37 van 2002 aan regulering onderworpe is; of
- ingevolge die Langtermynversekeringswet 52 van 1998 of die Korttermynversekeringswet 53 van 1998 gereguleer word;
- die vervoer van ’n individu of goedere;
-
die voorsiening van –
- akkommodasie of voedsel;
- vermaak of soortgelyke ontasbare produk of toegang tot sodanige vermaak of ontasbare produk;
- toegang tot enige elektroniese kommunikasie-infrastruktuur;
- toegang, of ’n reg van toegang, tot ’n gebeurtenis of tot ’n perseel, aktiwiteit of fasiliteit; of
- “Diensverskaffer” bedoel iemand wat enige diens bevorder, verskaf of aanbied om dit te verskaf;
- "Sagteware" – Insluitend maar nie beperk nie tot enige afbeeldings of lêers wat ingesluit is by of gegenereer word deur die sagteware of data wat met sodanige sagteware gepaardgaan;
- "Bydraes" – Insluitend maar nie beperk nie tot notas, afbeeldings, kreatiewe materiaal, idees, voorstelle, konsepte en kommunikasie, insluitend enige data, vrae, kommentaar en ander inligting wat deur middel van elektroniese pos of andersins bygedra word tot https://www.medihelp.co.za of https://toolbox.medihelp.co.za;
- "https://www.medihelp.co.za of https://toolbox.medihelp.co.za" – Hierdie webtuiste, sy borge, geaffilieerdes en skeppers;
- "Gebruiker" – ’n Persoon wat rekenaarsagteware en/of materiaal op https://www.medihelp.co.za of https://toolbox.medihelp.co.za gebruik en/of toegang daartoe kry.
- Tensy die teendeel duidelik blyk, sal die terme wat in hierdie vrywaring gebruik word die betekenisse hê wat in artikel 1 of artikel 53 van die Wet op Verbruikersbeskerming, na gelang van die geval, daaraan toegeken word. Voorts sal verwysings na die enkelvoud die meervoud insluit en andersom, verwysings na een geslag sal die teenoorgestelde geslag insluit, en verwysing na natuurlike persone sal regspersone insluit en andersom.
2. Vrywaring met betrekking tot die Wet op Verbruikersbeskerming 68 van 2008
- Daar word op rekord gestel dat die diensverskaffer dienste aan die verbruiker lewer ingevolge ’n bestaande ooreenkoms tussen die partye.
-
Die partye erken dat die produsent, invoerder, verspreider, kleinhandelaar en/of verskaffer ingevolge artikel 61 van die Wet op Verbruikersbeskerming aanspreeklik is vir skade wat in die geheel of gedeeltelik veroorsaak is as gevolg van –
- die verskaffing van onveilige goedere; of
- ’n produkgebrek, -defek of -gevaar in goedere; of
- die voorsiening van onvoldoende instruksies of waarskuwings aan die verbruiker met betrekking tot gevaar voortspruitend uit of geassosieer met die gebruik van goedere, ongeag of die skade die gevolg is van nalatigheid aan die kant van die produsent, invoerder, verspreider of handelaar, na gelang van die geval.
- Elke party (“skadeloosstellingsparty”) vrywaar hiermee die ander party en stel hom skadeloos teen enige en alle eise, aksies, aanspreeklikheid, skade, koste en uitgawes deur sodanige ander party verklaar, ingestel of aangegaan as gevolg van of voortspruitend uit enige beweerde of bewese skade gely deur die verbruiker of ’n ander persoon soos in artikel 4(1) van die Wet op Verbruikersbeskerming2 bedoel, in die mate dat sodanige skade toegeskryf kan word aan die nalatigheid of doelbewuste optrede van die skadeloosstellende party of enige oortreding van enige toepaslike wet deur die skadeloosstellende party.
3. Handelsmerk/kopiereg en beperkings op gebruik
- Hierdie webblad bevat inhoud wat ten volle of gedeeltelik verkry is van inhoud voorsien deur https://www.medihelp.co.za of https://toolbox.medihelp.co.za of https://corporate-online.medihelp.co.za asook ander bronne. Die inhoud word beskerm deur toepaslike Suid-Afrikaanse kopiereg- en handelsmerkwetgewing, asook internasionale handelsmerk- en kopieregwette en -konvensies.
- Die gebruiker mag nie enige van die inhoud reproduseer, dupliseer, publiseer, wysig, kopieer, op enige wyse aflaai, plaas, uitsaai of versend, verwerk of onbruikbaar maak, of versprei of op enige wyse uitbuit nie, behalwe in soverre die gebruiker een kopie van die inhoud op ’n enkele rekenaar mag aflaai slegs vir niekommersiële gebruik deur die gebruiker alleen by sy woning; op voorwaarde dat alle handelskennisgewings en beperkings wat aan die inhoud geheg is, behoue bly, tensy dit uitdruklik deur die webblad toegelaat word of tensy vooraf skriftelik toestemming deur https://www.medihelp.co.za of https://toolbox.medihelp.co.za of https://corporate-online.medihelp.co.za verleen is. Versoeke vir toestemming rakende enige aspek van die inhoud wat binne die omvang van die gemelde beperkings val, kan gerig word aan die kontakpersoon gelys vir https://www.medihelp.co.za of https://toolbox.medihelp.co.za of https://corporate-online.medihelp.co.za.
- Die gebruiker word ook streng verbied om werke en/of sagteware en materiaal te skep wat afgelei is van of gebaseer is op die inhoud op hierdie webblad. Die beperking geld ongeag of die inhoud verkoop, onderhandel of weggegee word en/of verder vervreem word in watter mate ook al.
4. Toegang en beskikbaarheid van dienste en skakels
- https://www.medihelp.co.za of https://toolbox.medihelp.co.za of https://corporate-online.medihelp.co.za bevat skakels na ander verwante internetwebblaaie op die wêreldwye web. Daar moet nie afgelei of geïmpliseer word dat https://www.medihelp.co.za of https://toolbox.medihelp.co.za of https://corporate-online.medihelp.co.za met hierdie webblaaie verbind is of dit bestuur of beheer nie. Ongeag of hierdie webblaaie wel geaffilieer is met https://www.medihelp.co.za of https://toolbox.medihelp.co.za of https://corporate-online.medihelp.co.za sal https://www.medihelp.co.za of https://toolbox.medihelp.co.za of https://corporate-online.medihelp.co.za nie aanspreeklik wees vir die inhoud op die genoemde webblaaie nie. Die skakels na die webblaaie word slegs vir die gebruiker se gerief voorsien en die gebruiker kry op eie risiko toegang daartoe.
- Wanneer ’n webblad via ’n skakel besoek word, moet die gebruiker na daardie webblad se gebruiksterme verwys en kan hy hom nie op die terme van hierdie ooreenkoms beroep nie.
5. Bydraes/bulletinborde
- Enige bydraes sal as die uitsluitlike eiendom van https://www.medihelp.co.za of https://toolbox.medihelp.co.za of https://corporate-online.medihelp.co.za beskou word. Die inhoud van die onderskeie forums op https://www.medihelp.co.za of https://toolbox.medihelp.co.za of https://corporate-online.medihelp.co.za sal as die uitsluitlike eiendom van https://www.medihelp.co.za of https://toolbox.medihelp.co.za of https://corporate-online.medihelp.co.za beskou word.
- https://www.medihelp.co.za of https://toolbox.medihelp.co.za of https://corporate-online.medihelp.co.za het die reg, maar is nie verplig nie, om die bydraes deur gebruikers van die forum te monitor en te hersien. https://www.medihelp.co.za of https://toolbox.medihelp.co.za of https://corporate-online.medihelp.co.za sal nie aanspreeklik wees vir enige van die inhoud van hierdie boodskappe nie. https://www.medihelp.co.za of https://toolbox.medihelp.co.za of https://corporate-online.medihelp.co.za behou voorts die reg voor om bydraes te skrap, te skuif of te redigeer wat https://www.medihelp.co.za of https://toolbox.medihelp.co.za of https://corporate-online.medihelp.co.za in sy uitsluitlike diskresie beskou as beledigend, lasterlik, obseen of strydig met enige kopiereg- of handelsmerkwette, of as andersins aanstootlik.
6. Gedragsreëls vir gebruikers
-
Die gebruiker stem in om nie bydraes tot https://www.medihelp.co.za of https://toolbox.medihelp.co.za of https://corporate-online.medihelp.co.za te versprei wat –
- die forums vir onwettige doeleindes sal gebruik nie;
- as gemorspos gebruik sal word nie;
- enige ander gebruiker daarvan weerhou of verhinder om die forums te gebruik en te geniet nie;
- onwettig, dreigend, beledigend, lasterlik, obseen, vulgêr, profaan of pornografies is en/of onbetaamlike inligting bevat wat ’n kriminele oortreding is en/of aanleiding gee tot ’n siviele aanspreeklikheidseis of wat andersins enige plaaslike, nasionale of internasionale wet oortree nie;
- die kopiereg, handelsmerk- of ander intellektuele eiendomsreg van enige ander persoon skend deur inhoud by te dra tot https://www.medihelp.co.za of https://toolbox.medihelp.co.za of https://corporate-online.medihelp.co.za deur middel van die forums of op enige ander wyse wat sodanige bydraes moontlik maak. Deur inhoud op watter wyse ook al tot https://www.medihelp.co.za of https://toolbox.medihelp.co.za of https://corporate-online.medihelp.co.za by te dra, impliseer die gebruikers dat hulle die regmatige eienaars van sodanige inhoud is of dat hulle toestemming van die regmatige eienaars bekom het om sodanige inhoud oor te dra;
- virusse of ander skadelike inhoud bevat nie;
- vir kommersiële doeleindes bedoel is, bemarkings- of promosiemateriaal bevat of ten doel het om donasies te werf nie. Die gebruiker stem in dat alle bydraes die uitsluitlike eiendom van https://www.medihelp.co.za of https://toolbox.medihelp.co.za of https://corporate-online.medihelp.co.za word. Die gebruik stem saam dat hy alleenlik aanspreeklik sal wees vir enige skade wat voortspruit uit enige skending van kopiereg, handelsmerk- en ander eiendomsregte of vir enige skade wat uit sodanige bydraes voortspruit. Die gebruiker vrywaar voorts vir https://www.medihelp.co.za of https://toolbox.medihelp.co.za of https://corporate-online.medihelp.co.za en stel hulle skadeloos teen enige eise vir enige skade ook al wat voortspruit uit die gebruik van https://www.medihelp.co.za of https://toolbox.medihelp.co.za of https://corporate-online.medihelp.co.za.
- Alle gebruikers moet voldoen aan die gebruiksterme van enige platform wat deur https://www.medihelp.co.za of https://toolbox.medihelp.co.za of https://corporate-online.medihelp.co.za voorsien word vir sy gebruikers (bv. Facebook & Twitter). Gebruikers moet hulle bepaal by die onderwerp en https://www.medihelp.co.za of https://toolbox.medihelp.co.za of https://corporate-online.medihelp.co.za behou die reg voor om enigiets te skrap wat nie aan die gebruiksterme voldoen nie.
7. Skade en vrywaring
-
Die gebruiker stem uitdruklik in dat https://www.medihelp.co.za of https://toolbox.medihelp.co.za of https://corporate-online.medihelp.co.za op die gebruiker se eie risiko gebruik word. https://www.medihelp.co.za of https://toolbox.medihelp.co.za of https://corporate-online.medihelp.co.za waarborg nie –
- dat https://www.medihelp.co.za of https://toolbox.medihelp.co.za of https://corporate-online.medihelp.co.za sonder onderbreking beskikbaar sal wees nie;
- dat https://www.medihelp.co.za of https://toolbox.medihelp.co.za of https://corporate-online.medihelp.co.za foutloos sal funksioneer en dat foute reggestel sal word nie. https://www.medihelp.co.za of https://toolbox.medihelp.co.za of https://corporate-online.medihelp.co.za behou die reg voor om enige foute of weglatings in enige deel van die webblad reg te stel na goeddunke en sonder om vooraf kennis te gee aan enige gebruiker via hierdie webblad of andersins;
- dat die resultate wat verkry word danksy die gebruik of toepassing van inligting wat by https://www.medihelp.co.za of https://toolbox.medihelp.co.za of https://corporate-online.medihelp.co.za bekom is, wat betref die akkuraatheid en inhoud van enige sodanige inligting;
- enige verbruiksware wat op https://www.medihelp.co.za of https://toolbox.medihelp.co.za of https://corporate-online.medihelp.co.za geadverteer word nie;
- dat die webblad, enige hulpmiddels (soos rekenaars), sagteware, advies, menings, state, inligting, inhoud of aanlyn dienste foutloos sal werk of aan enige spesifieke kriteria betreffende akkuraatheid, volledigheid, betroubaarheid, werkverrigting of gehalte sal voldoen nie. Die gebruiker erken dat hy op eie risiko staatmaak op sodanige hulpmiddels, sagteware, advies, menings, state, inligting, inhoud of aanlyn dienste. Rekenaars word slegs ter illustrasie voorsien en geen aanspreeklikheid word aanvaar vir enige onakkuraathede of foutiewe berekenings nie;
- dat inligting, idees en menings wat op hierdie webblad uitgespreek word, as professionele advies of ’n amptelik standpunt bedoel is, en gebruikers word dus sterk aangeraai om professionele advies in te win voordat hulle enige aksie in verband daarmee neem;
- dat die uitslae van gesondheidstoetse beskou moet word as ’n besliste diagnose of bevestiging dat ’n gebruiker moontlik ly aan enige van die toestande wat beskryf word nie; raadpleeg asseblief ’n dokter vir ’n nodige diagnose;
- dat behandeling vir enige van die toestande wat beskryf word deur die Skema gedek word of vir voordele sal kwalifiseer ingevolge die bepalings van die reëls van ’n gebruiker se spesifieke voordele-opsie; en
- dat ’n opsomming van beskikbare voordele beslissend is nie. Verwys asseblief na die produkbrosjures vir gedetailleerde voordele. In geval van ’n dispuut sal die geregistreerde Reëls van Medihelp geld. Inligting oor netwerkverskaffers kan op kort kennisgewing wysig, en geen aanspreeklikheid word aanvaar vir foutiewe inligting wat voorsien word nie.
- Die webblad word sonder waarborg en soos beskikbaar voorsien, sonder enige onderneming of bevestiging hoegenaamd, hetsy uitdruklik of by implikasie, insluitend maar nie beperk nie tot waarborge rakende aanvaarbare gehalte, regteskending, titel, veiligheid en aanpasbaarheid.
- Die gebruiker erken en bevestig dat www.medihelp.co.za gevrywaar is teen indirekte, direkte, toevallige, spesiale, voortspruitende of bestraffende vergoeding wat voortspruit uit die gebruik van of die onvermoë om gebruik te maak van https://www.medihelp.co.za of https://toolbox.medihelp.co.za of https://corporate-online.medihelp.co.za. Die gebruiker erken dat die voorwaardes van hierdie paragraaf toepaslik sal wees op die volledige inhoud van https://www.medihelp.co.za of https://toolbox.medihelp.co.za of https://corporate-online.medihelp.co.za.
- Die aanspreeklikheidsvrywaring is van toepassing op skade of beserings, insluitend maar nie beperk nie tot indirekte, direkte, toevallige, spesiale, voortspruitende of bestraffende vergoeding of enige skade wat voorspruit uit die gebruik van of verlies van die gebruik van data of winste, hetsy weens kontrakbreuk, onregmatige dade, nalatigheid of enige ander optrede.
- Indien enige van die terme en voorwaardes van hierdie ooreenkoms beskou word as onwettig, ongeldig of andersins onafdwingbaar ingevolge die wette van enige staat of land waarin hierdie terme en voorwaardes bedoel is om toegepas te word, sal dit slegs tot daardie mate en binne die jurisdiksie waarvolgens die betrokke terme en voorwaardes onwettig, ongeldig of onafdwingbaar is, as geskrap en afgeskei van hierdie ooreenkoms beskou word en sal die oorblywende terme en voorwaardes voorbestaan, ten volle van krag bly en steeds bindend en afdwingbaar wees.
8. Algemeen
- Hierdie ooreenkoms, die terme, voorwaardes en bedryfsreëls vir https://www.medihelp.co.za of https://toolbox.medihelp.co.za of https://corporate-online.medihelp.co.za behels die volledige ooreenkoms tussen die partye met betrekking tot die onderwerp daarvan. Die ooreenkoms, terme en voorwaardes sal gereël en vertolk word as synde in ooreenstemming met die wette van die Republiek van Suid-Afrika. Enige dispuut wat daaruit voortspruit, sal aan die uitsluitlike jurisdiksie van die howe en/of tribunale van die Republiek van Suid-Afrika onderhewig wees. Die opskrifte wat hierin verskyn, is slegs gerieflikheidshalwe gebruik en het geen regsgevolge nie.
- https://www.medihelp.co.za of https://toolbox.medihelp.co.za of https://corporate-online.medihelp.co.za mag te enige tyd hierdie terme en voorwaardes hersien deur bygewerkte inligting te plaas. Die gebruik is gebind deur sodanige wysigings en moet dus van tyd tot tyd hierdie ooreenkoms bestudeer om die nuutste terme en voorwaardes te sien waaraan die gebruiker gebonde is.
- https://www.medihelp.co.za of https://toolbox.medihelp.co.za of https://corporate-online.medihelp.co.za sal die eksklusiewe reg hê om enige aspek of eienskap van https://www.medihelp.co.za of https://toolbox.medihelp.co.za of https://corporate-online.medihelp.co.za te enige tyd te wysig of te kanselleer.
9. Ooreenkoms, beëindiging van ooreenkoms en aanspreeklikheid
- Die gebruiker se gebruik van en toegang tot hierdie webblad bevestig sy aanvaarding van die terme en voorwaardes daarvan, wat bindend is op die gebruiker en in werking tree op die datum waarop die gebruiker die eerste keer gebruik maak van of toegang kry tot https://www.medihelp.co.za of https://toolbox.medihelp.co.za of https://corporate-online.medihelp.co.za.
- Indien die gebruiker nie al die terme en voorwaardes ten volle aanvaar nie, moet die gebruiker die webblad dadelik verlaat. https://www.medihelp.co.za of https://toolbox.medihelp.co.za of https://corporate-online.medihelp.co.za kan te enige tyd die ooreenkoms na goeddunke beëindig.
- Nadat die gebruiker die webblad verlaat het soos hierbo beskryf, moet die gebruiker alle inhoud en kopieë daarvan wat van die webblad verkry is, hetsy materiaal of sagteware, vernietig.
- Sou die gebruiker nalaat om die webblad te verlaat soos hierbo bedoel, sal https://www.medihelp.co.za of https://toolbox.medihelp.co.za of https://corporate-online.medihelp.co.za geregtig wees om enige indirekte, direkte, toevallige, spesiale of bestraffende vergoeding te eis wat https://www.medihelp.co.za of https://toolbox.medihelp.co.za of https://corporate-online.medihelp.co.za gely het weens die gebruiker se ongemagtigde toegang tot en/of gebruik van https://www.medihelp.co.za of https://toolbox.medihelp.co.za of https://corporate-online.medihelp.co.za. Die gebruiker vrywaar voorts vir https://www.medihelp.co.za of https://toolbox.medihelp.co.za of https://corporate-online.medihelp.co.za teen enige eise vir skadevergoeding van watter aard ook al wat deur ’n ander party ingestel word as gevolg van die gebruiker se ongemagtigde gebruik van en/of toegang tot die webblaaie.
1 Skade waarvoor ’n persoon ingevolge artikel 61 van die Wet op Verbruikersbeskerming aanspreeklik gehou kan word, sluit in –
- die dood of besering van ’n natuurlike persoon;
- ’n siekte van ’n natuurlike persoon;
- ’n verlies van, of fisieke skade aan eiendom, ongeag of dit roerend of onroerend is; en
- enige ekonomiese verlies wat die gevolg is van skade bedoel in paragraaf (a), (b) of (c).
2 ’n Gemagtigde persoon wat namens iemand anders optree wat nie in sy of haar eie naam kan optree nie; iemand wat as ’n lid van of in belang van ’n groep of klas geaffekteerde persone optree; iemand wat in die openbare belang optree, met verlof van die tribunaal of hof, na gelang van die geval; of ’n vereniging wat in die belang van sy lede optree.