Wet op Beskerming van Persoonlike Inligting (POPIA)
Indien u van mening is dat Medihelp u persoonlike inligting gebruik het op ’n wyse wat strydig met ons Vertroulikheidsbeleid is, is u ingevolge die Wet op Beskerming van Persoonlike Inligting geregtig om ’n klag by die Inligtingsreguleerder in te dien, maar ons raai u aan om eers ons interne klagteproses te volg om die saak op te los.
Indien u daarna meen dat ons die saak nie bevredigend opgelos het nie, kan u die Inligtingsreguleerder kontak by:
Die Inligtingsreguleerder (Suid-Afrika), JD House, Siemensstraat 27, Braamfontein, 2017
Tel: 010 023 5207
E-pos:PAIAComplaints@inforegulator.org.za
of POPIAComplaints@inforegulator.org.za
Indien u van mening is dat Medihelp nie u navraag bevredigend hanteer het nie, moet u asseblief eers ons interne klagteproses volg om die saak op te los.
Indien u daarna meen dat ons die saak nie behoorlik opgelos het nie, kan u die Raad vir Mediese Skemas (RMS) kontak, aangesien Medihelp as ’n geregistreerde mediese skema deur die RMS gereguleer word.
Die RMS se kontakbesonderhede is soos volg:
Blok A, Eco Glades 2 Kantoorpark, Witch-Hazellaan 420, Eco Park, Centurion
Kliëntesorgsentrum: 0861 123 267
E-pos: complaints@medicalschemes.co.za
Webtuiste: www.medicalschemes.co.za