Vennote
Om die beste mediese sorg aan jou te kan bied, het Medihelp in vennootskap getree met die beste diensverskaffers en kundiges in die mediesefondsbedryf. Vir meer inligting oor ons vennote en hul gesondheidsorgaanbiedings, klik asseblief op die betrokke skakel.
Dental Risk Company (DRC)
Medihelp bied tandheelkundevoordele in samewerking met Dental Risk Company (DRC). Lede kan enige tandarts van hul keuse besoek. Voordele word deur DRC bestuur en volgens DRC se protokolle toegestaan, en Medihelp betaal die eise. Lede van MedMove! en MedReach moet ’n tandarts in die DRC-netwerk gebruik.
Medihelp se voorkeurapteek-netwerk
Medihelp se voorkeurapteeknetwerk bestaan uit meer as 2 000 apteke wat aan Medihelp-lede die mees kostedoeltreffende professionele fooistruktuur vir voorskrifmedisyne bied. Dit beteken dat lede wat netwerkapteke gebruik onnodige koste wat hulle self moet betaal, vermy.
ICON
Meer as 80% van die land se onkoloë behoort aan die Independent Clinical Oncology Network (ICON). Hulle bied kankerbehandeling van die hoogste gehalte deur ’n landwye netwerk van hoëtegnologiefasiliteite vir chemoterapie en radioterapie. ICON is Medihelp se aangewese diensverskaffer vir soliedegewasonkologie.
Patologievennote
Vir lede se gerief het Medihelp mededingende tariewe vir patologiedienste onderhandel met Ampath, Lancet en PathCare Vermaak. Medihelp betaal alle patologiedienste volgens hierdie voorkeurverskaffers se tariewe. Lede sal vir die verskil in prys aanspreeklik wees as hulle ’n laboratorium gebruik wat meer as hierdie tariewe vra.
Netcare 911
Netcare 911 is ons vennoot vir die lewer van mediese noodvervoerdienste. Netcare 911 se Health-on-Line-diens bied 24 uur per dag telefoniese mediese advies deur gekwalifiseerde verpleegkundiges wat ook in ’n noodgeval beskikbaar is.
LifeSense,
Dis-Chem Direct en Medipost
LifeSense is Medihelp se vennoot vir bestuurde gesondheidsorg vir behandeling wat verband hou met MIV/Vigs en nablootstellingprofilakse. Dis-Chem Direct en Medipost is die aangewese diensverskaffers vir MIV-/Vigsmedisyne.
DBC
Medihelp se Rug-en-nekbehandelingsprogram word in samewerking met Documentation Based Care (DBC) aangebied. Elke program word ontwikkel deur ’n interdissiplinêre mediese span volgens die individu se kliniese profiel. Die program is ’n voorvereiste vir spinale chirurgie.

Voorkomende sorg
Clicks en Dis-Chem is Medihelp se aangewese diensverskaffers vir voorkomendesorgevaluerings.
OHMC
Die Oncology Healthcare Management Company (OHMC) is Medihelp se aangewese diensverskaffer vir hematologie-onkologie en stamseloorplantings.
Medipost en die Elect-afhaalpunte vir VMV- chroniese medisyne
Lede van MedMove!, MedVital Elect, MedAdd Elect en MedPrime Elect moet hulle VMV- chroniese medisyne by ’n aangewese diensverskaffer kry om bybetalings te voorkom. Lede moet gebruik maak van Medipost as die aangewese diensverskaffer vir die bestel en aflewer van hul goedgekeurde maandelikse chroniese medisyne.
Opticlear
Medihelp gebruik Opticlear, ’n optiesebestuurmaatskappy, om lede se optiese voordele te bestuur. Lede kan optometriedienste en -materiale, soos brille, van enige verskaffer wat deel is van Opticlear se netwerk kry teen ’n afslagtarief. Die Opticlear-netwerk sluit 97% van optometrieverskaffers in Suid-Afrika in. Voordele word volgens Opticlear se tariewe betaal.
Besoek webtuisteICPS
Improved Clinical Pathway Services (ICPS) bied heup- en knievervangingsdienste (vir gevalle wat nie vir VMV’s kwalifiseer nie) aan kwalifiserende pasiënte op MedElite.
Besoek webtuisteSpesialisnetwerke
Program vir Deernisvolle Sorg
Wanneer jy met ’n ernstige siekte gekonfronteer word, is ’n holistiese, pasiënt-gesentreerde benadering noodsaaklik. Die pasiënt se welstand sowel as ondersteuning aan hul geliefdes is nodig om algehele lewensgehalte te verbeter.
Medihelp se Program vir Deernisvolle Sorg help jou om die simptome en stres van ernstige siektes met 'n interdissiplinêre benadering te bestuur.

Medihelp en Old Mutual Corporate verskaf geïntegreerde gesondheids- en finansiëlewelstandsoplossings aan werkgewergroepe. Hierdie nuwe samewerking ondersteun Suid-Afrikaanse werkgewers deur dekking van Medihelp Mediese Skema aan te vul met Old Mutual se reeks finansiële dienste, insluitend gesondheidsversekering, gapingsdekking, aftreefondsoplossings en groepsrisikovoordele.
Besoek webtuiste
Ware welstand is meer as net ’n dieet of oefening. Dis om balans te vind in elke aspek van die lewe. By Omnihelp bring ons die ses elemente van welstand saam – fisies, intellektueel, relasioneel, emosioneel, geestelik en finansieel – om jou te help om veerkragtigheid te bou en te floreer.
Want wanneer jou lewe in balans is, is jou gedagtes skerper, jou liggaam sterker, jou verhoudings dieper en jou doel helderder. En wanneer jy floreer, floreer jou gemeenskap ook.
Besoek webtuiste