SaamOmgee
Program vir Deernisvolle Sorg
Wanneer ’n mens met ’n ernstige siekte gekonfronteer word, is ’n holistiese, pasiënt-gesentreerde benadering noodsaaklik. Die pasiënt se welstand sowel as ondersteuning aan hul geliefdes is nodig om algehele lewensgehalte te verbeter.
Medihelp het ’n vennootskap met die Association of Palliative Care Practitioners of South Africa (PALPRAC) aangegaan om jou te help om die simptome en stres van ernstige siektes met ’n interdissiplinêre benadering te bestuur.
Lede op die ondersteuningsprogram vir ernstige siektes het toegang tot:
Konsultasies met ‘n dokter om die pasiënt se behoeftes te evalueer en toepaslike medisyne voor te skryf
’n Lys van medisyne wat die pasiënt by enige apteek kan kry
Tuisgebaseerde verpleegsorg deur geregistreerde verpleegsters
Dienste van geregistreerde maatskaplike werkers
Hoe om vir die Program vir Deernisvolle Sorg te registreer
Vra jou dokter om ’n aansoekvorm vir die Program vir Deernisvolle Sorg te voltooi en dit na palliativecare@medihelp.co.za te stuur. Sodra Medihelp jou voordele goedkeur, sal jy en jou dokter ’n e-pos ontvang om jul goedgekeurde behandelingsplan te bevestig. As jou behoeftes vir palliatiewe sorg verander, sal jou PALPRAC-dokter ’n gewysigde behandelingsplan by Medihelp indien vir goedkeuring.