MedAdd

Vanaf

’n Buigsame spaarplan vir
jong gesinne

  • ’n 15%-SavingsNow-spaarrekening
  • Ekstra versekerde dag-tot-dag-dekking wanneer jou spaargeld op is
  • Versekerde voordele vir tandheelkunde en oogkunde
  • Voordele vir swangerskap en pasgebore babas, plus die Ouerskapreis
  • Dekking vir privaat hospitale

As jy jong kinders het, is die lewe besig en vol verrassings. Daarom het jy ’n mediese fonds nodig wat jou meer beheer oor jou mediese uitgawes gee. MedAdd is ’n spaarplan vir jong gesinne, met ’n 15%-SavingsNow-spaarrekening waarmee jy jou alledaagse mediese uitgawes volgens jou behoeftes kan bestuur. Sodra jou spaargeld op is, kry jy ekstra versekerde dag-tot-dag-dekking, asook spesifieke voordele vir tandheelkunde en oogkunde, voordele vir swangerskap en pasgebore babas, en ondersteuning deur ons Ouerskapreis. Wil jy minder betaal? MedAdd Elect bied jou dieselfde dekking deur betroubare huisdokter- en hospitaalnetwerke.

Dekking vir alledaagse mediese uitgawes

Dag-tot-dag-voordele

Spaarrekening 15%
Versekerde tandheelkunde
< 18 jaar
Versekerde dekking vir oogsorg
Ongevalledekking vir kinders onder 19
Verdere dekking nadat spaargeld opgebruik is

R4 400 per jaar vir die gesin

Sorg wat verder strek as dag-tot-dag-dekking

Bykomende versekerde voordele

Voorbehoedmiddels R2 430/R2 870
10 swangerskap-konsultasies
2 huisdokter/spesialisbesoeke vir kinders onder 2
Voorkomende sorg Gesondheidstoetse en -ondersoeke
Uitgebreide sorg: 2 huisdokter-besoeke
R1 050 vir akute medisyne of selfmedikasie

Word geaktiveer nadat sekere gesondheidsiftings/toetse gedoen is

Dekking wanneer dit die nodigste is

Kernvoordele

Trauma en noodgevalle
Gehalte- privaat hospitale
271 voorgeskrewe-minimumvoordeel- (VMV-)toestande en 26 toestande op die Lys van Chroniese Siektes
Gespesialiseerde radiologie, binne en buite die hospitaal

MedAdd gee jou die vryheid van ’n 15%-spaarrekening om jou mediese fonds op jou manier te bestuur. Dit bied ook ’n vangnet van versekerde voordele nadat jou spaarrekening uitgeput is.

Aanvullende programme wat waarde toevoeg

Ekstra ondersteuning bo en behalwe jou alledaagse dekking

Sorgprogramme
Ouerskapreis

Van swangerskap tot voorskool – ondersteuning vir jou in elke fase.

Voordele vir geestesgesondheid

Toegewyde ondersteuning vir jou geestesgesondheid sodat jy jou lewe voluit kan leef.

Ondersteuning ná hospitalisasie

Bystand met jou herstelproses wanneer jy weer tuis is.

Kankersorg

Selfs wanneer dinge moeiliker raak, gaan jou dekking voort.

Deernissorg

Deernisvolle ondersteuning tydens ernstige siekte om jou en jou geliefdes in gemak en met waardigheid daardeur te help.

Bestuurde chroniese sorg

Ondersteuning om jou te help om diabetes en ander chroniese toestande te bestuur, met sorg wat jou op koers hou.

Rug- en nekbehandeling

Ondersteuning om jou weer op jou beste te laat voel, beter te beweeg en te help met rug- en nekpyn.

MIV/VIGS-program

Vertroulike toetsing, behandeling en ondersteuning sonder veroordeling.

Maandelikse ledegeld

 MedAdd ElectMedAdd
HooflidR3 408
(R6 120 spaargeld per jaar)
R4 320
(R7 776 spaargeld per jaar)
AfhanklikeR2 670
(R4 824 spaargeld per jaar)
R3 642
(R6 552 spaargeld per jaar)
Kinderafhanklike <26 jaarR1 188
(R2 160 spaargeld per jaar)
R1 464
(R2 664 spaargeld per jaar)

As jy die netwerkopsie kies, MedAdd Elect, spaar jy op jou maandelikse ledegeld.

Op MedAdd en MedAdd Elect betaal jy net vir die twee jongste kinders onder die ouderdom van 18 en kindertariewe tot hulle 26 word.