Vanaf
Omvattende dekking vir
professionele persone en besighede
- Versekerde dag-tot-dag-voordele (huisdokters, spesialiste en medisyne)
- Dekking vir privaat hospitale met geen algehele jaarlikse limiet nie
- Hospitaalnasorg vir tot 30 dae ná ontslag
- Gespesialiseerde radiologie (MR- en RT-skanderings), binne en buite die hospitaal
- Onbeperkte mediese noodvervoer deur Netcare 911
Ambisieuse beroepsmense met veeleisende loopbane het omvattende mediese dekking nodig waarop hulle kan staatmaak, en besighede wil betroubare gesondheidsorgdekking vir hul werknemers hê. MedReach bied albei deur kostedoeltreffende gehaltenetwerke. Jy kry ’n volledige pakket versekerde dag-tot-dag-voordele vir huisdokter- en spesialisbesoeke, medisyne, radiologie en patologie, asook privaat hospitaaldekking sonder ’n algehele jaarlikse limiet. Hospitaalnasorg, gespesialiseerde radiologie en onbeperkte mediese noodvervoer is alles ingesluit. MedReach is doeltreffend en omvattend, bied goeie waarde en is ’n ideale keuse vir professionele persone en die werkgewers wat hul belange op die hart dra.
Dekking vir alledaagse mediese uitgawes
Dag-tot-dag-voordele
Lid: R2 730
Gesin: R4 300
Sorg wat verder strek as dag-tot-dag-dekking
Bykomende versekerde voordele
Word geaktiveer nadat sekere gesondheidsiftings/-toetse gedoen is
Dekking wanneer dit die nodigste is
Kernvoordele
Aanvullende programme wat waarde toevoeg
Ekstra ondersteuning bo en behalwe jou alledaagse dekking
Vanaf swangerskap tot voorskool word jy deur elke fase ondersteun.
Toegewyde ondersteuning vir jou geestesgesondheid sodat jy die lewe ten volle kan aanpak.
Bystand met herstel van die hospitaal tot terug by die huis.
Selfs wanneer dinge moeiliker raak, gaan jou dekking voort.
Deernisvolle ondersteuning tydens ernstige siekte om jou en jou geliefdes in gemak en met waardigheid daardeur te help.
Ondersteuning om jou te help om diabetes en ander chroniese toestande te bestuur, met sorg wat jou op koers hou.
Ondersteuning om jou weer op jou beste te laat voel, beter te beweeg en te help met rug- en nekpyn.
Vertroulike toetsing, behandeling en ondersteuning sonder veroordeling.
Maandelikse ledegeld
|
|
|
| Hooflid | R3 612 |
| Afhanklike | R2 832 |
| Kinderafhanklike <26 jaar | R1 176 |
Netwerk van gehalte- privaat hospitale en huisdokters.
Betaal kindertariewe vir kinderafhanklikes tot hulle 26 word.