Vra ’n adviseur om te help

Om ’n nuwe mediese fonds te kies wat die beste by jou gesondheidsorgbehoeftes en begroting sal pas, is ’n moeilike taak. ’n Geakkrediteerde mediesefondsadviseur wat ’n makelaarsooreenkoms met Medihelp Mediese Skema het en in Medihelp se produkaanbieding opgelei is, kan help om ’n paar opsies aan te beveel wat aan jou persoonlike omstandighede sal voldoen.

Indien jy in ’n mediese fonds belangstel, voltooi die vorm en ’n geakkrediteerde adviseur sal jou kontak.

Dis makliker om ’n nuwe mediese fonds te kies as jy met ’n geakkrediteerde adviseur gesels oor die plan wat by jou behoeftes én sak pas. Of jy ’n student is, die korporatiewe leer klim of ’n groeiende gesin het, ons sal jou help om ʼn ingeligte besluit te neem.

Om voorafgoedkeuring te versoek, jou voordele te sien en ander dienste te gebruik, teken asseblief aan op die Member Zone.