Of dit nou ’n fisiese of virtuele drukkie is, ’n drukkie is goed vir jou, my en die wêreld!
Die wetenskap het bewys dat ’n drukkie wat 10 sekondes duur jou ’n emosionele, geestelike én fisiese hupstoot gee.
Om Internasionale te vier, deel Medihelp graag agt interessante feite oor drukkies:
- Drukkies is goed vir jou hart: dit verlaag jou bloeddruk en hartklop.
- Drukkies gee vir jou immuunstelsel ’n hupstoot: dit stimuleer jou timusklier, die klier wat die produksie van witbloedselle reguleer. Witbloedselle beveg weer infeksies.
- Drukkies laat jou beter slaap: dit stel die hormoon oksitosien vry. Hierdie “liefdedwelm” verminder stres en laat jou ontspan. Meer drukkies = minder stres = beter slaap.
- Drukkies maak jou gelukkig: dopamien en serotonien word vrygestel as ons ’n ander mens of selfs ’n sagte speelding druk. Dis die hormone wat jou gelukkig maak.
- Drukkies maak jou gees sterker: dit laat jou veilig en geliefd voel en boesem vertroue in.
- Drukkies laat vrees verdwyn: wanhoop en bangheid verdwyn wanneer jy iemand styf vashou.
- Drukkies is goed vir jou geestesgesondheid: dit stimuleer die senuweestelsel en help teen eensaamheid.
- Drukkies is goed vir jou selfbeeld: as jy beter oor jouself wil voel of minder angstig wil voel, gee net ’n drukkie.
Maak dit vanjaar ’n prioriteit om drukkies te gee en te ontvang en sien hoe jou algehele gesondheid verbeter, een drukkie op ’n slag.