Back 16 Jan, 2024 - Gesondheidsbewustheid

Back

Velvaardig vir terug skool toe

Velvaardig vir terug skool toe

Met die aanbreek van ’n nuwe skooljaar, is dit belangrik om seker te maak dat velgesondheid deel is van jou kind se terug-skool-toe-doenlysie.
Read more

Met die lui van skoolklokke en kinders wat hul rugsakke met splinternuwe skoolbenodighede volstop, is dit belangrik om te onthou dat regmaak vir skool meer as nuwe handboeke en skryfbehoeftes is. ’n Aspek van kinders se welstand waarvan ons dikwels vergeet, is hulle velgesondheid. Kinders moet hul velsorg voorop stel en voorkomende maatreëls tref om die kans op velkanker te verminder. Só verseker jy ’n gesonde, gelukkige akademiese jaar.

Die beginsels van songesondheid

Kom ons praat oor die son. Die hoeveelheid tyd wat kinders in die vakansie en tydens sportaktiwiteite buite deurbring, stel kinders aan skadelike ultravioletstrale (UV-strale) bloot. Dit verhoog die gevaar om later in hulle lewe velkanker te ontwikkel. Moedig jou kind aan om elke oggend sonroom met ’n sonbeskermingsfaktor (SBF) van minstens 30 – wat 90% van die son se UVB-strale blok – aan te wend, al is dit bewolk buite. Wolke keer party van die son se strale, maar maar UV-radiasie kom steeds voor en kan jou vel indring. Maak sonroom aansit ’n gewoonte, net soos wat jy elke dag ’n kosblik pak.

Beskut is beskerm

Ons wil graag hê ons kinders moet hulleself buite geniet, maar dis belangrik om hulle te beskerm. Kies ligte, langmouklere en hoede met breë rande om hul vel teen direkte sonlig te beskerm. Maak seker kinders verstaan hoe belangrik dit is om hul vel te beskerm wanneer die son op sy sterkste is. In Suid-Afrika is dit volgens die Kankervereniging van Suid-Afrika (KANSA) gewoonlik tussen 10:00 en 15:00.

Hidrasie is baas

Deeglike hidrasie is nie net noodsaaklik vir algehele gesondheid nie, dit speel ook ’n belangrike rol om ons velle gesond te onderhou. Moedig jou kind aan om baie water deur die loop van die dag te drink. Vel wat gehidreer is, word moeiliker beskadig en is kan homself beter teen omgewingsfaktore beskerm.

Voeding vir gesonde vel

’n Gebalanseerde eetplan dra by tot ’n gesonde vel. Sluit vrugte, groente en kos ryk aan antioksidante (soos bessies en blaargroente) by jou kind se maaltye in. Hierdie voedingstowwe help om vrye radikale te bekamp en verminder só die risiko vir velskade.

Leer hulle van selfondersoek

Leer jou kind hoe belangrik selfondersoek is. Hulle moet bewus wees van enige veranderings op hulle vel, soos nuwe moesies of vreemde kolle. Hou ’n ogie op enigiets wat ongewoon is – dit kan help om vroeg probleme op te spoor wat uiters belangrik is vir die voorkoming van velkanker.

Soek skaduwee waar jy kan

Moedig jou kind aan om, waar moontlik, te soek vir skaduwee as hulle buite besig is. Of dit nou onder ’n boom by ’n piekniek of pouse onder ’n afdak is, om direkte sonlig te vermy verminder die gevaar van sonskade.

Inkorporeer gesonde gewoontes

Vestig van jongs af gesonde gewoontes. Dit sluit in om sonbeddens (wat die kans op velkanker verhoog aangesien hulle groter hoeveelhede UV-radiasie as die son kan vrystel) en vir lang periodes in die son lê, te vermy. Beklemtoon die feit dat ’n sonbruin vel pleks van langtermynvelgesondheid nie die moeite werd is nie.

As jy dié eenvoudige tog doeltreffende velsorggewoontes deel maak van jou kind se roetine, kan jy hulle in staat stel om beheer te neem oor hulle gesondheid en hulle kans op velkanker verminder.


Share this on: