Back 27 Mrt, 2025 - Floreer!

Back

Maak dinge maklik! 5 redes om jou chroniese medisyne deur Medipost te kry

Maak dinge maklik! 5 redes om jou chroniese medisyne deur Medipost te kry

5 redes om Medipost te gebruik vir chroniese medisyne op ’n netwerkplan
Read more

As jy op een van Medihelp se netwerkplanne is, het jy seker al gehoor jy moet jou chroniese medisyne by ons aangewese diensverskaffer, Medipost, kry. Maar hoe help dit jou? Hier is vyf maniere hoe Medipost dit makliker maak om jou chroniese medisyne te kry:

1. Dis maklik om uit te vind waar die afhaalpunte is
Met die Soek ’n verskaffer-funksie op Medihelp se webwerf kan jy maklik kyk waar jou naaste Medipost-afhaalpunt is. Op die Medihelp-tuisblad, klik op Kontak > Soek ’n verskaffer. Rol af en kies Elect-afhaalpunte vir chronies, en tik jou ligging in plus hoe ver jy bereid is om te ry. Kies jou plan en klik Dien in. Jy sal ’n lys van Medipost-afhaalpunte naby jou kry. Kies die een wat vir jou die gerieflikste is – jy kan selfs op ’n kaart sien waar dit is.

Jy kan jou naaste afhaalpunt ook op die Medihelp-app kry. Teken op die app aan > druk op Soek ’n verskaffer > voer jou ligging in> kies Meer mediese dienste > Gaan voort. Kies Elect-afhaalpunte vir chronies en Wys kaart. Jy sal ’n kaart sien met al die afhaalpunte in jou omgewing, plus ’n lys van verskaffers om uit te kies. Makliker kan dit nie wees nie!

2. Jy kan alles met jou foon reël

Nuttige wenk: As jy chroniese medisyne gebruik, hou altyd ’n ogie oor hoeveel herhalings jy nog het. Kry jou herhaalvoorskrif betyds sodat jy nooit jou medisyne oorslaan nie!


Dis nie nodig om apteek toe te gaan nie. Noudat jy weet waar jy jou medisyne wil afhaal, kan jy net jou voorskrif na mrx@medipost.co.za e-pos. Tik jou selfoonnommer, Medihelp-lidnommer en die afhaalpunt wat jy gekies het in die boodskap. ’n Medipost-konsultant sal jou binne 48 uur bel om jou besonderhede, medisyne en afhaalpunt te bevestig. As dit die eerste keer is dat jy jou chroniese voorskrif indien, maak seker jy het genoeg medisyne vir ’n paar dae terwyl Medipost jou versoek verwerk.

Nuttige wenk: As daar generiese ekwivalente vir jou medisyne is, kan jy dit kies om selfs meer geld te spaar.


3. Lang toue is iets van die verlede
Jy hoef nie in ’n tou te staan om jou medisyne te kry en betaal nie. Elke maand kry jy ’n SMS wat sê hoeveel jy vir jou medisyne moet betaal (as daar iets is om te betaal), en jy kan dit maklik elektronies oorbetaal, direk aan Medipost. Jy kry ook SMS’e wanneer jou medisyne gestuur word en afgelewer is. By die afhaalpunt sê jy net jy is daar vir jou Medipost-aflewering, gee jou van en kry jou pakkie. Dis hoe maklik dit is!

4. Jy hoef nie elke maand te bestel nie
Een van die grootste voordele as jy ’n herhaalvoorskrif het, is dat Medipost jou aflewering elke maand, vir solank as wat die voorskrif geldig is, outomaties verwerk. Dit beteken jy hoef nie elke maand jou medisyne te bestel nie. Doen eenvoudig die elektroniese betaling (as daar iets is om te betaal) en gaan haal jou pakkie.

Nuttige wenk: Maak seker enige betalings wat aan Medipost gemaak moet word, is op datum sodat jy nooit ’n aflewering misloop nie.


5. 
Geen ekstra bybetalings nie
Lede op MedVital Elect, MedAdd Elect en MedPrime Elect wat hul chroniese medisyne by Medipost in plaas van ’n gewone apteek kry, vermy ’n 60%-bybetaling.

Nuttige wenk: Vra jou gesondheidsorgverskaffer om medisyne op die formularium (medisynelys) voor te skryf.

 

Die gerief wat Medipost bied, maak dit ’n slim en kommervrye manier om jou chroniese medisyne elke maand betyds te kry.

 


Share this on:
Aanlynklets

Voltooi die velde hieronder om met 'n konsultant te klets.