Back 12 Mrt, 2024 - Floreer!

Back

Slaap: die geheim om ’n lang lewe te hê?

Slaap: die geheim om ’n lang lewe te hê?

’n Gebrek aan slaap laat jou dood voel. Onlangse navorsing toon dat ’n goeie nagrus jare by jou lewe kan voeg.
Read more

Enige nuwe ma, skofwerker, of persoon wat aan slapeloosheid ly, sal daarvan kan getuig dat ’n gebrek aan slaap mens tot die dood toe moeg kan laat voel. Dit is niks nuuts nie, maar dit sal jou dalk verbaas om te hoor dat daar waarheid in hul woorde steek. Onlangse navorsing toon dat ’n goeie nagrus jare by jou lewe kan voeg.

’n Navorsingspan by die Beth Israel Deaconess Medical Center in Boston het hierdie bevindinge bekend gemaak. Volgens hulle kan mans tot vyf jaar langer leef en vroue twee jaar langer deur goeie kwaliteit slaap te kry. “Kwaliteit” is hier die sleutelwoord. Dit gaan nie net oor die aantal ure wat jy in droomland deurbring nie (hoewel sewe tot agt ure ideaal is).

Die kwaliteit van slaap word ook deur ander faktore bepaal, naamlik:

  • Of jy sukkel om aan die slaap te raak en aan die slaap te bly,
  • Of jy slaapmedikasie moet gebruik, en
  • Of jy wakker uitgerus wakker word.

’n Selfs meer onrusbarende bevinding van die studie is dat swak slaap aan die kern van 8% van alle sterftes lê Ingewikkelde prosesse gebeur tydens slaap

Ingewikkelde prosesse gebeur tydens slaap
Klines neuropsigoloog Michelle Baker is voorsitter van die Allied Group for the South African Society for Sleep Health. Sy is ook ondervoorsitter van die South African Society of Sleep Health. Michelle koppel nie graag ’n syfer aan die ekstra lewensjare wat ’n goeie nagrus moontlik kan toevoeg nie, maar sy sê daar is ’n duidelike verband tussen slaap en langlewendheid. Dit is omdat so baie dinge gebeur terwyl jy slaap. Sy verduidelik dat slaap nie ’n soort "doodse" toestand is nie. Inteendeel, dis ’n toestand waartydens die liggaam ’n reeks prosesse ondergaan, soos om menslike groeihormoon af te skei, wat spiere en been onderhou, en organe soos die vel te vernuwe.

 Mens se brein gebruik hierdie tyd om inligting te verwerk, wat ’n belangrike deel van die gesondheidsimpak van slaap uitmaak. “Tydens REM-slaap vee die brein se sogenaamde glimfatiese stelsel onnodige selle en afvalstowwe uit,” sê Michelle. Dink daaraan as ’n vullisverwydersisteem. As hierdie “ekstras” nie verwyder word nie, het dit gevolge, amper soos wanneer jy nagelaat het om die naweekvullis in en om jou huis te verwyder. “Gebrekkige slaap lei nie noodwendig tot demensie nie, maar slaap verfris beslis die liggaam en help dit om op sy beste te funksioneer.”

Die deel van die brein wat slaap beheer, die hipotalamus, word deur bane aan verskeie senuweesentrums gekoppel. Hierdie senuweesentrums is by talle stelsels betrokke wat vir alles van die onderdrukking van eetlus tot hoe ons plesier en pyn ervaar verantwoordelik is. As hierdie stelsels gesinkroniseer is, voel jy wonderlik. Maar wanneer ’n gebrek aan slaap ’n impak het op hoe die stelsels werk, laat weet jou liggaam jou gou daarvan.

Individuele verskille
Die gedagte dat jou welstand van jou nag se slaap afhang, kan kommerwekkend wees. Wat as jy nie jou agt ure kry nie? Michelle sê dit is belangrik om te verstaan dat sommige mense “kortslapers” is. Hulle kan byvoorbeeld met vyf en ’n half tot ses ure slaap wegkom. Maar daar is ook “langslapers”, wat eers verfris voel ná hulle ’n goeie 10 ure ingekry het. “Hoewel die gemiddelde persoon ongeveer 7,5 ure nodig het, is dit belangrik om in voeling te wees met jou biologiese ritme om te weet hoeveel jý nodig het om op jou beste te wees.”

Michelle wys daarop dat slaap deel is van ’n 24-uur-siklus, wat wakker tyd insluit. “As jy ’n stresvolle dag gehad het wat jou intens opgewerk laat voel, is dit onwaarskynlik dat jy goed sal slaap. Gevolglik voel jy die volgende dag steeds moeg, en die ongesonde siklus herhaal homself.”

Dit is ook belangrik om te verstaan dat ouderdom die hoeveelheid slaap wat mens nodig het, beïnvloed. Wanneer ’n vrou byvoorbeeld in haar oorgansjare is, kan dit vir haar kommer veroorsaak as sy nie meer haar normale aantal ure kry nie. In werklikheid is dit egter bloot omdat haar slaaptyd natuurlik verkort soos haar liggaam verander.

’n Eenvoudige manier om te weet of jy genoeg slaap
Waarop dit neerkom: As jy helder en verfris wakker word, is jou slaap waarskynlik voldoende.


Share this on: