Back 31 Mrt, 2025 - Floreer!

Back

Wat jou kosvoorkeure oor jou persoonlikheid verklap

Wat jou kosvoorkeure oor jou persoonlikheid verklap

Jou kosvoorkeure kan jou persoonlikheid openbaar: van versigtig tot avontuurlustig of sosiaal.
Read more

Het jy geweet ons smaak en gedragspatrone hou op interessante maniere met mekaar verband? Wetenskaplikes het begin om die menslike bevolking in drie afsonderlike groepe te verdeel, afhangende van hoe smaaksensitiwiteit en persoonlikheid oorvleuel.

In die ontwikkelende en dinamiese veld van neurowetenskap het navorsers 'n fassinerende verband tussen ons smaakvoorkeure en inherente persoonlikheidstipes gevind. Die konsep van 'proeërstatus' word toegeskryf aan Linda Bartoshuk, 'n professor aan die Universiteit van Florida en 'n baanbreker op die gebied van genetiese verskille verwant aan smaak. Jy kan luister na haar praatjie: “Waarom ons hou van die kos waarvan ons hou".

"Ons smaak en gedragspatrone hou op interessante maniere met mekaar verband."

In watter proeërkategorie pas jy?

  • Die superproeër (of kieskeurige een): Hierdie persoon het meer smaakbekers as die gemiddelde mens. Dit lei tot intense voor- en afkeure wanneer dit by kos kom. Omdat hulle 'n verhoogde smaakintensiteit ervaar, vind hulle kossoorte soos koffie en pomelo te bitter en speserye soos rissies te sterk.
  • Die nie-proeër (of avontuurlustige een): Hierdie proeër het die minste aantal smaakbekers in vergelyking met die gemiddelde mens. Hulle eet graag kos met sterk speserye of baie sout vir daardie tikkie opwinding.
  • Die matige proeër (of gebalanseerde een): Hierdie proeër het 'n matige ervaring van enige tipe kos. Hulle is dus gelukkig genoeg om tussen die uiterste sterk smaak van die superproëer en die vaal, eentonige smaak van die nie-proeër te val.

Waar smaak en persoonlikheid raak

Soet, sout, suur, bitter, of umami (vleisagtig)... Hoe kan jou voorkeur vir een geur bo 'n ander verband hou met jou persoonlikheid? Volgens 'n inleidende studie in Current Research in Food Science, wat as 'n wegspringpunt vir talle ander voedingswetenskaplike benaderings dien, is die volgende sewe ooreenkomste tussen smaak en persoonlikheid ontdek:

  1. Die selferkende ekstrovert eksperimenteer waarskynlik meer met kos as die stil introvert. Hulle is dalk meer aangetrokke tot 'n verskeidenheid groente en vrugte as eentonige kitskos, wat 'n voedsame dieet verseker. Boonop is donkersjokolade en koffie heel moontlik hoog op die wenslys.
  2. Die versigtige, neurotiese persoon, wat algemeen beskou word as sensitief met 'n geneigdheid om senuweeagtig te wees, soek weer na 'n valer dieet. Hulle sal dus eerder dieselfde klomp souterige, suur en vetterige kosse eet, aangesien dit min verrassing of verskeidenheid bied. Hierdie kieskeurige individu mag ook suiwelprodukte vermy om abdominale ongemak te voorkom.
  3. Avontuurlustige en ywerige mense, wat oor die algemeen nuuskierig en oop is vir nuwe ervarings, geniet hul souterige peuselhappies.
  4. Aangename, vriendelike of barmhartige tipes, wat afhanklik is van sosiale beloning (soos gaafheid), is geneig om soetgoed en sap te verkies.
  5. Ander kundiges vind 'n negatiewe konnotasie tussen oopheid en vrugteinname en 'n positiewe konnotasie tussen oopheid en vleisagtige geure en koek. 'n Oop mens sal dus appels verwerp maar graag ribbetjies en sjokoladekoek eet.
  6. Die meer pligsgetroue individu hou van kaas, groente, en neutproteïen maar vermy oormatige sout en soet kos.
  7.  Daarteenoor voorspel 'n voorkeur vir bitter kos weer antisosiale eienskappe. Hierdie mense ervaar nie bitter smake as onaangenaam nie en sal dikwels bitter kos by 'n restaurant kies; metgeselle mag selfs verbaas wees oor hul koskeuses.

"Avontuurlustige en ywerige mense geniet hul souterige peuselhappies, terwyl aangename tipes geneig is om soetgoed en sap te verkies."

Moet jy jou eetpatrone verander?

Maak nie saak watter proeërkategorie of persoonlikheid jy het nie, dis gewoonlik 'n goeie idee om jou eetgewoontes aan te pas deur meer gesonde proteïene, vrugte, groente en neute in te sluit en kitskos te beperk. Maar sommige mense wonder dalk hoekom hulle aanhou eet nadat hulle versadig is of bekommer dalk dat die opwinding waarna hulle in hul fisieke aktiwiteite soek (reksprong of valskermspring, iemand?) ook in hul voedselkeuses weerspieël word, dalk selfs as negatiewe eetgewoontes.

Tabitha Hume, geregistreerde dieetkundige/voedingskundige van Sandton, verduidelik: "Ek sien dikwels ooreters wat hulp soek wanneer hulle besef dat hul persoonlikheid tot ongesonde koskeuses lei. Dikwels selfmedikeer hulle met alkohol, nikotien, skermtyd, koffie of sterk-gegeurde kos as gevolg van 'n dopamientekort, wat stres natuurlik kan vererger."

"Ek sien dikwels ooreters wat hulp soek wanneer hulle besef dat hul persoonlikheid tot ongesonde koskeuses lei."

Tabitha stel voor jy vra jouself:

  • Eet ek souterige kos (soos pizza), dan soetgoed (soos sjokolade) en so aan in my strewe na die volgende dosis geur?
  • Eet ek min gesonde kos sonder baie geur (soos groente, slaai, vrugte en bruin rys) omdat sulke kos vir my voel soos 'n mors van koutyd (wat tot 'n moontlike voedingtekort kan lei)?

"Dit lyk dalk na 'n moeilike siklus om te breek," raai Hume aan, "maar die antwoord is 'n kombinasie van opvoeding, begrip, deernis en 'n dieetkundige wat verseker dat alles in die kliënt met 'n dopamientekort se terapeutiese dieet absoluut heerlik proe."

"In plaas daarvan om 'n gespierde smaakmaker (influencer) te volg wat geroosterde hoenderborsies, gestoomde bruin rys en gekookte broccoli eet – wat jou innerlike skon-/skyfie-/sjokolade-eetende monster sal laat uitbars – stel eerder 'n professionele span kundiges saam wat jy vertrou (sielkundige, dieetkundige en, dikwels, psigiater), om jou te help om 'n gesonde, gebalanseerde en smaaklike uitkoms met voeding te bereik."

Geskryf vir Medihelp deur Vanessa Rogers


Share this on:
Aanlynklets

Voltooi die velde hieronder om met 'n konsultant te klets.