vaccination-text-eng

Bepalings en voorwaardes

  1. Wenners word aangekondig sodra ’n ouderdomsgroep ’n teiken behaal.
  2. Slegs Medihelp-lede en -bevoordeeldes wat ten volle met enige van die COVID-19-entstowwe ingeënt is en ’n geldige bewys van inenting het, kom in aanmerking om vir die kompetisie in te skryf.
  3. Persone wat nie vir inskrywing in die CovidCompetition in aanmerking kom nie: Trustees, vennote, werknemers, agente of konsultante van Medihelp of enige ander persoon wat direk of indirek aan Medihelp geaffilieer is of die naasbestaandes van Medihelp-personeel. Dit sluit hulle gade, lewensmaat, ouers, sibbe, stiefouers, kinders en stiefkinders in. Enige verskaffer van goedere of dienste vir die kompetisie.
  4. Inskrywingsgeld is nie nodig om vir hierdie kompetisie in te skryf nie.
  5. Inskrywings wat op Medihelp se rekords weerspieël word, word hanteer as die enigste bron van validasie en is die enigste bewys van suksesvolle inskrywings.
  6. Deelnemers aan die kompetisie verstaan en stem toe dat ten einde die kompetisie te hou, Medihelp die persoonlike inligting (insluitend maar nie daartoe beperk nie, volle naam/name en van, identiteits-/paspoortnommer, ouderdom, fisiese woonadres, telefoonnommers, foto, besonderhede oor inenting, ens.) sal insamel en gebruik slegs met die doel om die CovidCompetition te hou, en dat dit nie sonder die deelnemer se vooraf-instemming aan ’n derde party bekend gemaak sal word nie.
  7. Indien jy die wenner is, stem jy toe dat Medihelp jou naam mag aankondig en publiseer, en foto’s van jou op bemarkingsplatforms, insluitend sosiale media, kan gebruik. Daar kan ook van jou versoek word om aan bemarkingsaktiwiteite deel te neem. Jy het egter die reg om enige tyd sodanige uitnodigings en die gebruik van jou foto van die hand te wys.
  8. Die kompetisie is geldig vir alle natuurlike persone bo die ouderdom van 20 jaar.
  9. Deelnemers moet in Suid-Afrika woonagtig wees en oor ’n geldige Suid-Afrikaanse identiteitsdokument beskik.
  10. Jou lidmaatskap moet goeie aansien geniet. Dit beteken dat ledegeld nie agterstallig is nie of dat lidmaatskap nie opgeskort is nie.
  11. Medihelp het die reg, na eie goeddunke en ter eniger tyd, om deur die loop van die kompetisie hierdie bepalings en voorwaardes te verander of te wysig, en elke deelnemer erken dat hy/sy geen reg van verhaal teen Medihelp sal hê nie. Sodanige verandering sal dadelik in werking tree wanneer dit op hierdie sosiale platform geplaas word.
  12. Wenners sal via hulle selfoonnommer of e-pos deur ’n Medihelp-verteenwoordiger gekontak en van hulle prys verwittig word.
  13. Indien die wenner nie op die telefoonoproep reageer nie, sal daar verder via SMS of e-pos gekommunikeer word volgens die kontakbesonderhede wat op rekord is. Indien Medihelp nie daarin slaag om die wenner oor ’n tydperk van 5 werksdae vanaf die datum van trekking te kontak nie, sal die lid sy/haar prys verbeur en ’n nuwe wenner sal getrek word. Maak asseblief seker dat die kontakbesonderhede wat Medihelp vir jou op rekord het, op datum is.
  14. Sodra alle verifikasies van identiteit en inenting uitgevoer en goedgekeur is, sal die prys in die wenner se gekose bankrekening gedeponeer word. Daar sal van wenners verwag word om bewys van hulle bankbesonderhede te gee sodat die kontantprys uitbetaal kan word. Bankbesonderhede sal deur Medihelp geverifieer word voordat die betaling gemaak word.
  15. Medihelp se besluit ten opsigte van alle aangeleenthede oor die kompetisie sal finaal wees en geen korrespondensie sal gevoer word nie.
  16. Deur vir hierdie kompetisie in te skryf, dui die deelnemer aan dat hy/sy instem om tot die reëls van hierdie bepalings en voorwaardes gebonde te wees.
  17. Een inskrywing is genoeg vir deelname deur die loop van die promosionele kompetisie.
  18. Slegs een inskrywing per persoon sal deur die loop van die CovidCompetition toegelaat word (November 2021 totdat al drie trekkings se teikens behaal is).
  19. Let asseblief daarop dat inskrywing via ’n elektroniese platform plaasvind. Hoewel Medihelp alle redelike stappe sal doen, sal hy nie aanspreeklik wees vir enige tegniese probleme of vir enige inskrywings wat verlore gaan, vertraag is of verkeerd ontvang word nie.
  20. Medihelp sal nie verantwoordelik wees vir, en ontken enige en alle aanspreeklikheid vir, enige verlies, aanspreeklikheid, besering, uitgawe of skadevergoeding (insluitend direkte, indirekte, toevallige, bestraffende of gevolglike verlies) van enige aard, hetsy voortspruitend uit nalatigheid of enige ander oorsaak, wat deur enige deelnemer of enige ander derde party gely word as gevolg van sy/haar deelname aan hierdie kompetisie en/of deur enige handeling wat Medihelp ingevolge hierdie bepalings en voorwaardes neem nie.
  21. Medihelp behou die reg voor om enige deelnemer wat versuim om aan enige deel van hierdie bepalings en voorwaardes te voldoen, te diskwalifiseer.
  22. Die kompetisie en hierdie bepalings en voorwaardes word gereguleer deur wette van die Republiek van Suid-Afrika en enige geskille sal aan die eksklusiewe jurisdiksie van die howe van Suid-Afrika onderworpe wees.
Aanlynklets

Voltooi die velde hieronder om met 'n konsultant te klets.