Voordele en bystand aan lede
Medihelp se voordele
Medihelp bied omvattende dekking binne en buite die hospitaal op alle voordele-opsies vir COVID-19 wat ingevolge die kriteria vir voorgeskrewe minimum voordele (VMV) kwalifiseer.
Telefoon- en videokonsultasies vir COVID-19 word gedek teen 100% van die Medihelp-tarief. Lede van MedElect moet ’n algemene praktisyn in die netwerk gebruik om bybetalings te voorkom. Jy kan op Medihelp se webtuiste vir ’n netwerkdokter soek met die funksie om te soek vir ’n verskaffer by https://www.medihelp.co.za/af/maak-kontak/soek-'n-verskaffer.
Medihelp dek COVID-19-bloedtoetse, naamlik die PCR- en antigeentoetse, ten volle volgens die COVID-19-protokol. Lede van MedElect moet gebruik maak van Lancet of PathCare se laboratoriums en moet deur ’n algemene praktisyn in die netwerk verwys word.
Sou jy verkies om by ’n Dis-Chem-fasiliteit getoets te word, moet jy die fasiliteit asseblief direk kontak om reëlings te tref. Jy sal in hierdie geval self vir die toets moet betaal en dan ’n eis by Medihelp indien.
Indien jy voor ’n beplande hospitaalopname ’n COVID-19-toets moet laat doen, moet jy die patologiedepot skakel om die nodige reëlings te tref, aangesien sommige depots nie persone sonder ’n afspraak aanvaar nie. Onthou dat sulke toetse nie vir VMV kwalifiseer nie en uit jou plan se beskikbare dag-tot-dag-voordele vir patologie betaal sal word (indien van toepassing).
Die inentingsentrum waar jy ingeënt word, sal ’n eis vir jou entstof en die toediening daarvan by Medihelp indien en die Skema sal die koste dek as VMV.
24-uur- aanlyn dienste vir lede
Medihelp bied verskeie opsies aan lede om inligting oor hulle lidmaatskap, eise en ledegeld te sien. .Medihelp se Member Zone is ’n aanlyn selfdienswebblad wat lede toegang gee tot al hul mediesefondsbesonderhede.
Op die Member Zone kan jy –
- toegang kry tot jou digitale lidkaart,
- besonderhede van beskikbare voordele sien,
- netwerkverskaffers soek,
- voorafgoedkeuring versoek,
- jou persoonlike inligting op datum bring,
- afhanklikes registreer en deregistreer,
- eise indien en kontroleer,
- Laai jou belastingsertifikaat af
- jou belastingsertifikaat aflaai, en
- jou maandelikse ledegeld sien.
Lede kan ook Medihelp se app vir lede gebruik, wat beskikbaar is op Google Play, iStore en Windows Store. Lede kan met die app hulle e-lidkaart sien en deel, netwerkverskaffers opspoor, hul beskikbare voordele sien, eise indien en nog baie meer.
Medihelp-lede het altyd hul produk se voordele byderhand met ons handige e-gidse wat aanlyn en aflyn beskikbaar is. Die app sal outomaties die gids se nuutste voordele en netwerkinligting bywerk wanneer jy aanlyn is.