COVID-19-inenting

Die inentingsproses is op dreef en ons gee hier onder meer inligting oor hoe die proses verloop.

Onthou dat inenting teen COVID-19 vrywillig is en dat geen mediese skema jou mag forseer om ingeënt te word nie.

’n Opvolginenting is ’n tweede dosis van J&J se COVID-19-entstof of ’n derde dosis van die Pfizer-entstof. Alle Suid-Afrikaners wat 12 jaar en ouer is, kan vanaf Januarie 2022 COVID-19-opvolginentings kry sodra hulle kwalifiseer, om verhoogde immuniteit te verkry.

Immuungebrekkige persone moet hulle opvolginentings kry 28 dae nadat hulle die eerste (J&J) of tweede (Pfizer) dosis van die entstof ontvang het. Die departement van gesondheid beskou die volgende persone as immuungebrekkig:

  • Mense met die volgende toestande:
    • Hematologiese of immuunmaligniteit
    • Matige tot ernstige primêre immuungebreksiekte
    • MIV-infeksie met ’n CD4-telling <200 selle/µL in die afgelope 6 maande
    • Asplenie
  • - Mense wat die volgende behandeling ontvang:
    • Hoëdosering steroïede of sistemiese biologiese medisyne (bv. vir outoïmmuunsiektes)
    • Langtermyn nierdialise
    • Ontvangers van beenmurg- of soliede orgaanoorplantings

Alle ander mense kan ’n opvolginenting kry 60 dae (2 maande) ná die eerste J&J of 90 dae (drie maande) ná die tweede (Pfizer) dosis.

Sedert 20 Oktober 2021 kan enigiemand wat 12 jaar of ouer is, die COVID-19-inenting kry..

Indien jy 12 jaar of ouer is, kan jy aanlyn op die nasionale departement van gesondheid se EVDS-platform registreer vir die COVID-19-inenting.

Klik op die skakel hier onder om te registreer:

Registreer hier om die COVID-19-inenting te kry

Die volgende alternatiewe registrasiemetodes is ook beskikbaar:

  • Stuur die woord “Register” na die WhatsApp-nommer 0600 123456 en volg die aanwysings;
  • Registreer via SMS deur *134*832# te skakel; of
  • Skakel die COVID-19-hulplyn by 0800 029 999.

Sodra jy geregistreer het, sal die proses verder só verloop:

  • Jy sal ’n SMS ontvang wat bevestig dat jy suksesvol op die stelsel geregistreer is.
  • Jy sal ’n opvolg-SMS ontvang met besonderhede van –
    • jou EVDS-registrasienommer;
    • die geskeduleerde dag en tyd vir jou inenting; en
    • die inentingslokaal (naby jou huis of werk, soos jy tydens die registrasieproses aangedui het).
  • Moet asseblief nie na ’n inentingslokaal gaan tensy jy per SMS versoek is om daar te rapporteer en jou EVDS-registrasienommer ontvang het nie. Hoewel daar plekke is wat mense sonder ’n afspraak aanvaar, is dit beter om te wag totdat jy ’n afspraak het.
  • Wanneer jy die lokaal besoek soos in jou SMS aangedui, moet jy asseblief jou ID-dokument en Medihelplidmaatskapkaart saamneem, asook die EVDS-registrasienommer soos in die SMS bevestig is.
  • Indien jou inenting twee dosisse benodig, sal jy ’n tweede datum per SMS ontvang wanneer jy die volgende dosis moet kry.
  • Die inentingsentrum sal die koste van die entstof en die vasgestelde toedieningsfooi van Medihelp eis en daar sal nie van jou verwag word om enige betaling ten opsigte van die inenting te maak nie.

Klik hier om ’n lys van aktiewe inentingslokale in Suid-Afrika te sien.

Indien jy verkies om by ’n Dis-Chem-fasiliteit ingeënt te word, kan jy hier klik om ’n afspraak te maak. Jy benodig jou EVDS-registrasienommer om ’n inenting by ’n Dis-Chem-apteek te kan bespreek. Dis-Chem sal dan ’n eis vir die entstof en die toediening daarvan by Medihelp indien.

Die regering het in Maart 2021 aangedui dat daar voldoende entstof bekom is om 41 miljoen Suid-Afrikaners teen die einde van 2021 in te ent.

Medihelp sal die koste van die COVID-19-entstof en die toediening daarvan ten volle betaal, aangesien dit vir VMV kwalifiseer. Ons sal ’n rekening ontvang van die inentingsentrums waar lede ingeënt is.

Inentings teen COVID-19 kan toegedien word saam met ander inentings, insluitend die griepinenting. 

Entstowwe leer jou immuunstelsel hoe om jou liggaam te beskerm teen ’n siekte waaraan dit nog nie voorheen blootgestel was nie. Wanneer jou liggaam dan die siekte opdoen, weet dit hoe om daarteen te veg, jou risiko vir ernstige simptome is laer, en jy sal vinniger herstel as sonder ’n inenting.

Nee. Ons moet voortgaan om al die veiligheidsmaatreëls toe te pas, soos om maskers te dra, totdat die regering aandui dat dit nie meer nodig is nie.