Nuutste inligting oor COVID-19

Die minister van gesondheid het op 22 Junie 2022 die laaste COVID-19-veiligheidsmaatreëls herroep, insluitend die verpligte dra van maskers. Dit volg nadat daar ’n afname in die getal COVID-19-besmettings en verwante sterftes aangeteken is.

Suid-Afrikaners hoef dus nie meer maskers te dra in binnenshuise openbare plekke of wanneer hulle openbare vervoer gebruik nie. Daar is ook geen beperking op die aantal mense wat openbare samekomste mag bywoon nie en COVID-19-toetse sal nie meer by die land se grense gedoen word nie.

Jy kan die Staatskoerant hier lees.

Aanlynklets

Voltooi die velde hieronder om met 'n konsultant te klets.