Voorkomingsmaatreëls

Beskerm jouself en ander om jou deur die volgende drie beginsels wat deur die regering aanbeveel word, stiptelik te volg.

Waarom is sosiale distansiëring belangrik?
Wanneer mense hoes of nies, versprei daar klein druppeltjies uit hul neus of mond. Hierdie druppeltjies kan die virus bevat en kan oorgedra word indien jy te naby aan hulle staan. Jy kan die druppeltjies ook inasem.

Aanbeveling
Sosiale distansiëring is een van die maatreëls wat die regering sterk aanbeveel om COVID-19 te beveg. Die huidige riglyn is om ’n afstand van minstens 1 meter van ander mense te handhaaf (hierdie geld nie vir skole nie).

  • Moenie aan jou gesig vat nie, veral jou oë, neus en mond.
  • Moenie in jou hand hoes of nies nie. Bedek jou mond en neus met jou elmboog of ’n sneesdoekie en gooi die snesie dadelik weg.
  • Was jou hande gereeld met seep en water vir minstens 20 sekondes.
  • Gebruik gereeld ’n handreiniger wat minstens 70% alkohol bevat.
  • Was oppervlaktes waaraan gereeld gevat word, met seep of ’n wasmiddel en water (behalwe elektroniese toerusting), gevolg deur ’n ontsmettingsproduk. (Wenk: Moenie die ontsmettingsmiddel dadelik afvee nadat die oppervlak daarmee skoongemaak is nie, maar wag ’n paar minute voordat jy die oppervlak afvee. Dis ook belangrik om aanwysings te volg om te keer dat items soos selfone, sleutelborde en ander elektroniese toestelle beskadig word.)
03 - Preventive
Aanlynklets

Voltooi die velde hieronder om met 'n konsultant te klets.