Follow the best medical aid in the industry on facebook

Word deel van ’n bekroonde span as ’n geakkrediteerde Medihelp-adviseur

Medihelp is daartoe verbind om ’n ondersteunende verhouding met ons adviseurs te koester deur konsekwente en volhoubare gesondheidsorgoplossings te bied. Die erkenning wat ons ontvang het as wenner van die 2019 FIA-medieseskemakategorie bevestig dat ons jou behoeftes en diensverwagtinge verstaan.

Ons sal gespesialiseerde ondersteuningsdienste aan jou voorsien wanneer jy as ’n geakkrediteerde gesondheidsorgadviseur by Medihelp aansluit, om te verseker dat jy die beste oplossings vir jou kliënte se gesondheidsbehoeftes kan aanbeveel. Dit sluit in:

  • Bemarkings-, verkoop- en naverkoopbystand
  • Deurlopende opleiding
  • Streeks- en nasionale opleiding
  • 'n Toegewyde oproepsentrum
  • Kontrakbestuur
  • Inskrywing van korporatiewe groepe
  • Selfhelp-diensplatforms waar jy jou kliëntebasis kan bestuur, behoefte-analises kan doen, kommissiestate kan sien, kwotasies kan genereer en meer.

Sluit vandag by ons aan

Maak kontak met ons en vind uit waarom daar soveel redes is vir jou kliënte om Medihelp as hul voorkeurskema te oorweeg. Ons sien uit daarna om saam met jou te werk.

KRY ’N MAKELAARSOOREENKOMS

Adviseursnavrae

As jy enige vrae het oor kommissie, aanstellings, kontrakte, akkreditasie, veranderings in jou of jou makelaarsfirma se besonderhede, toegang tot ons webtuiste of adviseursversoeke, kontak ons asseblief by:

012 336 9099

brokers@medihelp.co.za

Medihelp chatbot
Loading

Loading...