Op soek na ’n nuwe mediese fonds?
Vra ’n adviseur vir advies
Om ’n nuwe mediese skema te kies wat die beste by jou gesondheidsorgbehoeftes én jou sak pas, is ’n moeilike proses. ’n Geakkrediteerde adviseur wat ’n makelaarskontrak met Medihelp Mediese Skema het en opgelei is in Medihelp se produkte, kan jou help om ’n kortlys saam te stel van die opsies wat die beste by jou persoonlike behoeftes pas.