Follow the best medical aid in the industry on facebook

Wie ons is

Ons volg ’n waardegedrewe ingesteldheid wat daarop fokus om in jou behoefte aan gesondheid en welstand te voorsien, deur pasgemaakte produkte en dienste te ontwikkel wat aan jou ’n geïndividualiseerde ervaring bied wanneer jy met die Skema kontak maak ten opsigte van produkte, dienste, waarde en skakeling.

Hoogste kliëntetevredenheid in die bedryf

Medihelp is aangewys as die skema met die beste algehele kliëntetevredenheid in die 2018 South African Customer Satisfaction Index (SA-csi) vir mediese skemas.


Stabiliteit

Medihelp het meer as ‘n eeu se ervaring in die medieseskemabedryf, met ‘n solvensievlak wat deurgaans ver bo die bedryfsvereiste is. Omdat ons self ons administrasie behartig, is ons administrasiekoste laer en bly ons direk in beheer.


sustainable risk pool

Volhoubare risikopoel

Medihelp se kliëntebasis groei steeds en het ‘n gemiddelde ouderdom van 37 jaar, wat bydra tot ‘n gesonde risikopoel. Die Skema bly een van die vyf grootste oop mediese skemas in Suid-Afrika.


Always there for you

Altyd daar vir jou

Medihelp verseker volgehoue interaktiewe skakeling en dienslewering deur beskikbaar vir jou te wees op die platform van jou keuse – e-pos, aanlyn klets of deur ons verskeie sosialemediaplatforms. Klik hier vir al ons kontakbesonderhede en om met ons toegewyde span in aanraking te tree.


Plaas jou in beheer van jou gesondheid

Medihelp se verskeie digitale diensplatforms gee jou onmiddellike toegang tot jou jaarlikse belastingsertifikaat, e-lidmaatskapkaart en gesondheidsdata. Jy kan ook jou bank- en kontakbesonderhede op datum bring, eise indien en monitor en moeitevry e-goedkeuring vir hospitalisasie kry.


Voeg waarde toe tot jou Medihelp-ervaring

HealthPrint is Medihelp se gratis aanlyn welstandsprogram wat toepaslike gesondheidsbystand en waarde bied, soos ‘n digitale gesondheidstydskrif, ‘n swangerskap- en babaprogram, ‘n gewigsverliesprogram, toegang tot Medihelp MultiSport vir drawwers en fietsryers en afslag by gesondheidsorgvennote. Jy kan ook ‘n nooddiens-app aflaai om te verseker dat jy en jou geliefdes in ‘n noodgeval opgespoor kan word.


Produkte pasgemaak vir jou unieke gesondheidsbehoeftes

Medihelp bied jou ‘n reeks van tien opsies, insluitend omvattende, spaar- en inkomstegebaseerde opsies, sowel as ‘n produk vir studente en ‘n bekostigbare hospitaalplan.

As lid van Medihelp het jy toegang tot:

  • Volle dekking vir 270 voorgeskrewe minimum voordele en 26 chroniese toestande
  • Geen oorhoofse jaarlikse limiet op hospitaaldekking op alle Medihelp-opsies
  • Gesondheidstoetse en voorkomende voordele op alle Medihelp-opsies
  • Bykomende versekerde swangerskap- en babavoordele op die Prime-voordele-opsiereeks
  • Omvattende hospitaaldekking in ‘n netwerk van 113 privaat hospitale vir laergeprysde opsies
  • Programme vir spesifieke gesondheidsbehoeftes, soos chroniesesorg- en rugbehandeling

en

  • Op Medihelp se Prime-reeks betaal jy slegs ledegeld vir die eerste twee kinders jonger as 18 jaar – die res kry gratis dekking.
  • Ouer kinders betaal die ledegeld vir kinderafhanklikes totdat hulle 26 jaar oud is.

Indien jy belangstel in ‘n mediese fonds, voltooi die vorm hieronder en ‘n geakkrediteerde adviseur sal met jou in verbinding tree:

Om voorafgoedkeuring te versoek, jou voordele te sien en ander dienste te gebruik, teken asseblief aan op die Member Zone.


Medihelp chatbot
Loading

Loading...