Lidmaatskap
Wat is Medihelp se bankbesonderhede?
Medihelp Mediese Skema
Bank: Absa
Tak: Arcadia
Soort rekening: Tjek
Rekeningnommer: 61 00 000 88
Takkode: 632005
Absa-SWIFT-kode: ABSAZAJJ
Verwysing: Jou Medihelp-lidnommer
As jy jou lidnommer as verwysing gebruik, hoef jy nie ’n bewys van betaling te stuur nie.
Waarom word my ledegeld elke jaar verhoog?
Ledegeld verhoog jaarliks weens stygende gesondheidsorgkoste, inflasie, nuwe mediese tegnologie en ’n toename in lede se gebruik van gesondheidsorgdienste. Ons blog, “Hoekom moet mediese skemas ledegeld verhoog?”, verduidelik die redes vir ledegeldverhogings.
Waar kan ek my belastingsertifikaat vir my mediese fonds kry?
Jy kan by Medihelp se Member Zone aanteken en jou belastingsertifikaat daar aflaai.
Watter inligting verskyn op my belastingsertifikaat vir my mediese fonds?
Jou mediese fonds se belastingsertifikaat wys die volgende:
- Jou ledegeldbetalings aan die Skema vanaf 1 Maart tot 28/29 Februarie
- Eise wat jy self betaal het en wat nie deur die Fonds of sy vennote, DRC en Opticlear, gedek is nie.
- Rente wat op jou mediese spaarrekening (MSR) verdien is, indien jy een het.
- Die maandelikse ledegeld wat vir jou en elke afhanklike op jou plan betaal is.
Hoe kan ek my mediese uitgawes verminder?
Daar is eenvoudige maniere om mediese uitgawes te beperk en bybetalings te vermy:
- Kies ’n plan wat by jou behoeftes pas.
- Gebruik netwerk- of aangewese diensverskaffers.
- Kies generiese medisyne.
- Gebruik die voorkomendesorgvoordele wat jou plan bied om duur gesondheidsprobleme later te help voorkom.
- Hou jou voordeellimiete dop.
- Kry voorafgoedkeuring vir prosedures.
- Volg jou voorgeskrewe behandelingsplan, veral vir chroniese toestande.
Wat gebeur as ek my mediesefondslidmaatskap kanselleer?
As jy jou mediesefondslidmaatskap kanselleer, eindig jou dekking ná jou kennistydperk van 30 dae en sal jy nie meer toegang tot voordele hê nie. Eise wat ná die kansellasiedatum ontstaan, sal nie gedek word nie. Dit is dus belangrik om alternatiewe reëlings te tref sodat jy teen onverwagte gesondheidsorguitgawes gedek bly.
Hoeveel kennis moet ek gee voordat ek my lidmaatskap kanselleer?
Jy moet minstens een kalendermaand kennis gee. ’n Kalendermaand strek van die eerste tot die laaste dag van ’n maand, byvoorbeeld 1 tot 31 Maart.
Wanneer kan ek my plan verander?
Jy kan jou plan een keer per jaar gedurende die jaarlikse planverwisselingstydperk verander. Medihelp sal jou laat weet wanneer hierdie tydperk begin.
Gedurende dié tydperk kan jy planne vergelyk en jou versoek om jou plan te verander aanlyn deur die Member Zone indien.
Hoe maak ek om ’n afhanklike by te voeg of te verwyder?
Jy kan afhanklikes vinnig en maklik op die Member Zone, telefonies of per e-pos byvoeg of verwyder:
- Besoek Medihelp se Member Zone en registreer of deregistreer jou afhanklikes aanlyn: Registreer of deregistreer > Registreer ’n afhanklike/Deregistreer my afhanklike.
- Laai die registrasievorm van die Member Zone af.
- Bel Medihelp se Kliëntesorgsentrum by 086 0100 678.
- Stuur ’n e-pos na newbusiness@medihelp.co.za.
Hoe kyk ek watter voordele ek het?
Jy kan jou voordele op die Member Zone nagaan.
Kan ek my plan aanlyn behartig?
Ja, Medihelp is ’n tegnologies gevorderde mediese fonds wat lede in staat stel om hul mediesefondssake aanlyn op die Member Zone te behartig. Gebruik hierdie selfdiensplatform om toegang jou lidkaart te kry, jou plan, eise en voordele te sien, jou besonderhede by te werk en nog baie meer te doen.
Waar kry ek my digitale lidkaart?
Op Medihelp se Member Zone of die Medihelp-toepassing.
Hoe kontak ek Medihelp se kliëntediens?
Jy kan Medihelp deur ons kontaksentrum, per e-pos of op die Member Zone kontak.
Wanneer jy ’n navraag op die Member Zone indien, kan jy enige tyd sien hoe dit vorder.