Kom ons wees eerlik, prysverhogings is nooit welkom nie, veral in ’n ekonomie waar baie mense reeds hul rieme stywer trek. Met stygende lewenskoste en huishoudelike geldsake wat knyp, herevalueer baie Suid-Afrikaners hul gesondheidsorgdekking. En wanneer ledegeldverhogings aangekondig word, kan dit oorweldigend voel.
Hoekom moet mediese fondse dan hoegenaamd ledegeld verhoog? Ons lede verdien reguit antwoorde.
“Om die waarheid te sê, is daar verskeie eksterne faktore wat druk op gesondheidsorgkoste plaas. Wat saak maak, is hoe mediese skemas hierdie druk bestuur om verhogings so laag en volhoubaar as moontlik te hou.”
– Shabana Patel, Senior Bestuurder van Datastrategie
Die boustene van mediese inflasie
Deel van die antwoord begin met inflasie. Die algemeenste aanwyser van inflasie is die verbruikersprysindeks (VPI).
|
VPI meet hoeveel die alledaagse goedere en dienste waarop huishoudings staatmaak (byvoorbeeld kos, brandstof en vervoer) se prys verhoog. |
Mediese inflasie begin ook hier. VPI is die basis vir hospitale en dokters se jaarlikse tariefverhogings. Maar anders as alledaagse inflasie, is daar verskeie ander faktore wat mediese koste verhoog en uiteindelik ledegeldverhogings bepaal.

Verhogings van ledegeld is noodsaaklik vir volhoubaarheid
Afgesien van die bogenoemde, moet skemas bykomende faktore in ag neem om voordele volhoubaar te hou wanneer jaarlikse ledegeldaanpassings bereken word.
“Sterk reserwes beskerm ons lede teen onsekerheid en verseker dat Medihelp binne enige konteks veerkragtig bly,” verklaar Werner van Deventer, Hoof van Besigheidsontwikkeling.
|
Dit het reserwegroei vertraag, maar dit het lede beskerm toe hulle dit die meeste nodig gehad het. Hoewel dit lewensbelangrike verligting verskaf het, het dit ’n gaping geskep wat versigtige herbelyning vereis het. Vandag keer die skema vinniger as verwag terug na die vereiste 25%-solvensievlak. Só word lede teen toekomstige onsekerheid beskerm. |
- Handhawing van voldoende reserwes: Skemas moet reserwes bou en handhaaf om teen onverwagte gebeure te beskerm – van pandemies tot skielike vermeerdering in eise.
- Risikopoel eie aan die skema: Elke skema het sy eie ervaring van eise, demografie, onderhandelde hospitaaltariewe en benuttingspatrone. Dit lei tot variasies in behoeftes rakende ledegeld in die bedryf.
- Gemeenskapsgradering: Volgens wet mag mediese skemas nie verskillende premies hef op grond van ouderdom of gesondheid nie. Ledegeld mag slegs verskil volgens plan, grootte van gesin of inkomste. Dit verseker regverdigheid, maar dit beteken ook dat stygende eise oor die hele ledebasis gedeel moet word.

Hoekom wissel verhogings van skema tot skema?
Mediese skemas funksioneer nie in identiese omgewings nie. Die gemiddelde verhoging vir die industrie is ongeveer 8% vir 2026, maar daar is groot verskille tussen die individuele skemas (van 4,7% tot 19,15%) op grond van hul unieke omstandighede, byvoorbeeld:
- Die skema se risikoprofiel, wat lede se ouderdom, gesingrootte en chroniese siektes insluit
- Verskillende hospitaal- en spesialistariewe wat individueel onderhandel is
- Unieke eistendense beïnvloed deur benutting en siektepatrone
- Hul eie besluite oor voordeelontwerp, opgraderings en verbeteringe

|
Elke skema het ’n unieke mengsel van lede – en daardie mengsel beïnvloed koste. |
Medihelp se geweegde gemiddelde ledegeldverhoging is 8,46% vir 2026, en die meeste lede het ’n verhoging van 7,5% of minder. Dit weerspieël verantwoordelike prysbepaling wat werklike eistendense, voordeelontwerp en die langtermynvolhoubaarheid van elke plan oorweeg.
|
“Dink daaraan as die ‘gekombineerde’ verhoging vir die hele skema. Elke plan se verhoging tel, maar dié wat meer lede het, tel meer,” verduidelik Werner. |
Voorkoming: Beplanning vir die toekoms
“Deur in voorkoming en voorspellende gesondheid te belê, verlaag ons toekomstige koste en verbeter ons uitkomste vir ons lede.”
– Shabana
Medihelp se fokus op voorkoming deur gesigskanderingkioske, tuismoniteringstoestelle en verpersoonlikte sorgprogramme bevorder beide beter gesondheid en die volhoubare bestuur van koste – alles terwyl jou sorgervaring verbeter word.

Voorspellende gesondheidsorg, digitale gereedskap en inisiatiewe vir geïntegreerde sorg (soos Medihelp se sorgprogram ná hospitalisasie) help om:
- Risiko’s vroeër te identifiseer
- Komplikasies te voorkom
- Onnodige heropname te verminder
- Uitkomste te verbeter
Dit beteken gesonder lede en ’n meer stabiele, bekostigbare mediese skema vir almal.
Wil jy meer uitvind oor ons voordeelverbeteringe vir 2026? Kyk ons video:
Waarop dit neerkom
Ledegeldverhogings gaan nie oor wins nie – trouens, mediese fondse is organisasies sonder winsoogmerk. Elke besluit oor ledegeldverhoging prioritiseer een ding: om te verseker dat Medihelp vir jou daar is wanneer jy ons die meeste nodig het. Verhogings verseker dat elke lid in elke lewensfase, van student tot afgetredene, toegang tot gehaltesorg het wanneer dit die meeste saak maak.
Die gesondheidsorgbedryf erken dat beduidende verhogings nie volhoubaar is op die langtermyn nie. Hierdie korttermynaanpassings herbou die basis vir meer stabiele, gematigde verhogings in die toekoms. Soos reserwes versterk en verliesgewende planne stabiliseer, verwag ons dat ledegeldverhogings sal normaliseer.
Deur die druk van inflasie te bestuur, reserwes te beskerm en voorkoming en waarde te innoveer, gaan Medihelp voort om bekostigbare, volhoubare gesondheidsorg vir al ons lede te lewer.
Vir 120 jaar balanseer Medihelp sorg met dissipline, menslikheid en strategie. Jou ledegeld is nie net ’n betaling nie, dis ’n belegging in gesondheidsorg wat aanpas, beskerm en saam met jou groei.
Geskryf deur Shabana Patel, Senior Bestuurder van Datastrategie, en Werner van Deventer, Hoof van Besigheidsontwikkeling
