Netwerk
Wat is ’n netwerkplan?
Op ’n netwerkplan van ’n mediese fonds moet jy spesifieke dokters, diensverskaffers of hospitale gebruik om volle dekking te kry. Hierdie diensverskaffers voldoen aan Medihelp se standaarde en het ingestem om vasgestelde tariewe te vra. Netwerkooreenkomste help om jou maandelikse ledegeld laer te hou.
Jy kan tot 25% spaar op ’n netwerkplan. Medihelp se netwerkplanne is MedMove!, MedVital Elect, MedAdd Elect, MedReach en MedPrime Elect.
Wat is ’n netwerkverskaffer?
’n Netwerkverskaffer is ’n dokter, spesialis, gesondheidsorgfasiliteit, apteek of ander diensverskaffer wat deur Medihelp gekeur en goedgekeur is om deel van ons netwerk te wees. Sommige netwerkverskaffers het met Medihelp oor tariewe ooreengekom – wat jy met Medihelp se Soek ’n verskaffer-funksie kan sien.
Moet ’n huisdokter my verwys voordat ek ’n spesialis kan besoek?
Lede van Medihelp se MedMove!-plan het ’n verwysing van ’n netwerkhuisdokter nodig om ’n spesialis te besoek. Sonder ’n verwysing sal jou eis moontlik nie ten volle gedek word nie.
Indien jy op een van ons ander planne is, het jy nie ’n verwysing nodig nie.
Wat gebeur as ek ’n dokter gebruik wat nie deel van die netwerk is nie?
Indien jy op ’n netwerkplan is en ’n dokter gebruik wat nie deel van die netwerk is nie, sal jy moontlik ’n bybetaling hê. Gebruik die Soek ’n verskaffer-funksie om ’n netwerkverskaffer te vind en ’n bybetaling te vermy.
Wat is die verskil tussen ’n netwerkplan en ’n mediesefondsplan wat nie ’n netwerkplan is nie?
’n Netwerkplan gee jou toegang tot privaat gesondheidsorgverskaffers wat deur Medihelp goedgekeur is. Sommige van hierdie diensverskaffers het met Medihelp oor tariewe ooreengekom, wat beteken dat jy minder uit jou eie sak hoef te betaal. Jy kan Medihelp se Soek ’n verskaffer-funksie gebruik om te kyk of jou diensverskaffer deel is van die netwerk.
Met ’n netwerkplan kan jy tot 25% op jou maandelikse ledegeld spaar.
Op ’n nienetwerkplan kan jy enige gesondheidsorgverskaffer van jou keuse besoek.
Let wel: Ongeag jou plan moet jy sekere dienste, soos kankerbehandeling en oogsorg, deur Medihelp se gesondheidsorgvennote kry.
Wat is ’n dagprosedure?
’n Dagprosedure is mediese behandeling of chirurgie waarvoor jy hospitaal toe gaan, maar nie hoef te oornag nie. Jy word opgeneem en behandel en gaan dieselfde dag huis toe.
Het Medihelp ’n dagprosedurenetwerk?
Ja, Medihelp dek ’n lys dagprosedures wat by ’n dagprosedurefasiliteit gedoen moet word, of by ’n fasiliteit in Medihelp se dagprosedurenetwerk indien jy op ’n netwerkplan is. Hierdie prosedures is:
- Oftalmologiese prosedures
- Oor-, neus- en keelprosedures
- Endoskopiese prosedures
- Verwydering van velletsels
- Besnydenisse
- Tandheelkundige dienste
Hoe vind ek ’n dokter of hospitaal in my netwerk?
Jy kan ons Soek ’n verskaffer-funksie gebruik om netwerkdiensverskaffers te vind.