Back 08 Nov, 2022 - Gemeenskapsopheffing

Back

'n Hart vir hul gemeenskap

'n Hart vir hul gemeenskap

Medihelp se werknemers het die Odirile-tehuis besoek
Read more

MEDIHELP-WERKNEMERS MET 'N HART VIR HUL GEMEENSKAP

PRETORIA - Om die Odirile-tehuis vir persone met erge fisieke en intellektuele gestremdhede in Hammanskraal te help om die voortslepende watervoorsieningskrisis te oorkom, het Medihelp in samewerking met Eco Tanks twee 5 000 liter-watertenks aan Odirile voorsien sodat hulle inwoners skoon drinkwater kon hê.

Medihelp se werknemers het die Odirile-tehuis op 9 September 2022 besoek om die sentrum se personeel te help met sleurtake soos skottelgoed was, en het tyd saam met die inwoners deurgebring om hulle dag op te vrolik. Buiten die watertenks het Medihelp ook 'n speelgrond geborg wat deur die trots Suid-Afrikaanse maatskappy PMN Playground Specialists voorsien is, om stimulasie te bied vir die sentrum se kinders in rolstoele of met ander gestremdhede. Medihelp het ook broodnodige kruideniersware en items soos klere, 'n ketel, 'n drukker, toiletware, doeke vir volwassenes en sanitêre produkte aan die organisasie geskenk.

Me Judith Ngcongwane van die Odirile-tehuis het haar opregte dank vir Medihelp se hulp uitgespreek. “Ons hoop dat julle sal voortgaan met die goeie werk wat julle doen. Hierdie skenkings help ons baie.”

Medihelp-werknemers het ook die niewinsorganisasie Kungwini Welfare Organisation (KWO) met sy Nickel Kersmark-projek gehelp deur 60 nuwe trollies en 120 inkopiemandjies te borg vir mense wat daar inkopies wil doen om die mark te ondersteun. Die Nickel Kersmark is KWO se grootste fondsinsamelingsprojek en ’n belangrike werkskeppingsgeleentheid vir talle onafhanklike plaaslike kleinsake-entrepreneurs en word reeds vir meer as 20 jaar aangebied. Dit dien ook as 'n platform waar die pragtige produkte wat gestremde inwoners van die Paul Jungnickel-tehuis by KWO se Protective-werkwinkel maak, uitgestal kan word.

Medihelp se werknemers het op 16 September handgemaakte sorgpakkies wat deur die Selwyn Gift Centre in Johannesburg vervaardig is, asook noodsaaklike kruideniersware aan KWO geskenk. Hulle het ook versierings vir die Nickel Kersmark gemaak. Die Nickel Kersmark word van 23 November tot 4 Desember 2022 aangebied en is daagliks van 09:00 tot 17:00 oop.


Share this on: