Vroeër vanjaar is Anneli se ma, Anna, gediagnoseer met achalasie, ‘n seldsame toestand wat dit moeilik maak vir kos en vloeistof om die maag te bereik. ’n Mediese evaluasie het gevind dat sy behandeling deur vyf verskillende spesialiste benodig het vir hierdie seldsame afwyking. Dis was, soos verwag, ’n baie onseker en angswekkende tyd vir die gesin.
Daar is ook bevind dat Anna ’n vyfvoudige hartomleiding moes ondergaan– die ingewikkeldste tipe hartomleidingchirurgie wat uitgevoer word op al vyf vername hartvate wat bloed aan die hart voorsien. Ná die chirurgie het Anna ekstrakorporeale membraanoksigenasie (ECMO) ontvang en is sy in die intensiewesorgeenheid opgeneem.
“Al Medihelp se inligting oor haar voordele en die goedkeuringsprosesse om te volg, was so maklik op die app en die Member Zone beskikbaar. Ons het binne 24 uur goedkeuring vir alle prosedures ontvang en elke enkele spesialis is ten volle betaal. Danksy Medihelp kon ons ’n finansiële ramp vermy.”
Anna moes ongelukkig ’n dag na haar ontslag terugkeer hospitaal toe weens komplikasies. Medihelp het haar en haar gesin weer met elke stap bygestaan en het gehelp om ’n emosionele en onseker tyd vir hulle ’n bietjie meer draagbaar te maak.
Vir Anneli was Medihelp se kommunikasie en doeltreffendheid van groot hulp. Elke vraag is volledig beantwoord en dit was nooit nodig om weer te vra of te wag vir ’n respons nie – hulle het vinnige en hulpvaardige diens van Medihelp ontvang in hulle tyd van nood.
“Ons wonder dikwels of dit regtig nodig is om so baie vir ’n mediese fonds te betaal, maar hierdie jaar het ons besef hoe belangrik dit is ná wat Medihelp vir ons gedoen het. Hulle het al ons verwagtings oortref en ons kon net fokus op my ma en ons gesin, sonder om te bekommer oor die betaling vir haar behandeling.”