Back 12 Aug, 2024 - Floreer!

Back

Herken uitbranding voor jy knak

Herken uitbranding voor jy knak

Bestuur jou mediesefondssake met die druk van ’n knoppie op die Medihelp-app en Member Zone.
Read more

Kom ons wees eerlik: die lewe eis sy tol. Met spertye by die werk, finansiële druk, familieverpligtinge en sosiale verwagtinge, is dit geen wonder ons voel soms moeg en gespanne nie. Maar wat gebeur as dié gevoel nooit weggaan nie? Wat gebeur as die moegheid in uitputting oorgaan en stres oorweldigend raak?

Die verskil tussen moegheid, stres en uitbranding

Volgens Winston Schoeman van die Evexia Psigiatriese Daghospitaal is uitbranding toenemend ʼn probleem in ons moderne samelewing.  Dit kan ʼn daadwerklike uitwerking op ʼn persoon algehele welstand hê. “Almal ervaar soms moegheid en stres, maar dis belangrik om te verstaan hoe hierdie emosies van uitbranding verskil. Ons moet die tekens herken voordat dit ʼn ernstige probleem raak.”

Moegheid: algemene, alledaagse ervaring

Uitputting of moegheid is ʼn tekort aan fisieke of geestelike energie, dikwels veroorsaak deur te min slaap of inspanning. Moegheid verdwyn gewoonlik ná ʼn goeie nagrus of ʼn rustige naweek.

Stres: ʼn normale reaksie op druk

Hoewel stres ons kan motiveer om beter te presteer en ons help om struikelblokke te oorkom, kan dit ook ʼn uitwerking op ons gesondheid hê, sê Winston.

“Stres word veroorsaak deur korttermynfaktore soos ʼn swaar werkslading, te veel sosiale druk of hoë verwagtinge. Hoewel stres onaangenaam is, is dit gewoonlik hanteerbaar deur ʼn blaaskans te neem, deur ontspanningstegnieke, of deur die oorsaak van stres by die horing te pak. Chroniese of intense stres lei egter tot angstigheid, irritasie of uitputting.”

Uitbranding: uitputting sonder uitkoms

Uitbranding is wanneer jy in ʼn toestand van fisieke, emosionele en geestelike uitputting verkeer as gevolg van langdurige of oormatige stres. “Anders as stres, wat tydelik van aard is, is uitbranding ʼn chroniese toestand. Jy voel oorweldig en afgemat (gedreineer) en spartel om kop bo water te hou. Dit lei tot verminderde produktiwiteit, ’n afname in werkgehalte en ʼn verlies aan belangstelling of passie in verskeie areas van jou lewe.

Uitbranding is dikwels verwant aan faktore soos ʼn tekort aan beheer, erkenning of ondersteuning. Om dit te oorkom, moet jy dikwels ingrypende veranderinge aan jou leefstyl, uitkyk of werksomstandighede maak. Wanneer uitbranding nie aangepak word nie, kan dit jou fisieke en geestelike gesondheid ontspoor,” sê Winston.

Kyk uit vir waarskuwingstekens

Uitbranding gebeur nie oornag nie en steek op verskeie maniere kop uit. Winston wys daarop dat daar ʼn paar waarskuwingstekens is om voor uit te kyk.

Fisies

Geestelik

Emosioneel

Gedrag

Physical
 Mental              Emotional              Behavioural            
  • Moegheid
  • Slapeloosheid
  • Lyfseer
  • Verwaarloosde gesondheid en voeding
  • Vergeetagtigheid
  • Swak besluitneming
  • Verveeldheid
  • Te kort aan kreatiwiteit en motivering
  • Depressie
  • Angstigheid
  • Woede
  • Skuld
  • Gevoel van waardeloosheid
  • Doelloosheid
  • Isolasie
  • Vermy sosiale geleenthede
  • Verwaarloosde verantwoordelikhede
  • Meer sinies
  • Ongesonde hanteringsmeganismes

 

Herken jy die tekens? Herlaai jou batterye!

Indien hierdie tekens bekend klink, moenie bekommerd wees nie. Daar is hoop! Kyk gerus na ons nuttige wenke hier om te herlaai en jou welstand ‘n hupstoot te gee. 

Wanneer uitbranding nie aangepak word nie, kan dit ernstige gevolge vir jou fisieke en geestesgesondheid inhou. Om die verskil tussen moegheid, stres en uitbranding te ken, sal jou help om ʼn gesonde en produktiewe lewe te lei. Deur tekens van uitbranding vroegtydig aan te pak en strategieë in plek te stel om stres te bestuur en uitbranding te vermy, kan jy jou welstand in stand hou en floreer!

 


Share this on: