Back 22 Okt, 2025 - Medihelp

Back

Medihelp blink heldergroen in die 2024/25 Customer Experience Index

Medihelp blink heldergroen in die 2024/25 Customer Experience Index

Medihelp het toptoekennings in die 2024/25 CE-Index® verower met ’n eerste plek vir kliëntesorg.
Read more

Medihelp Mediese Skema het toptoekennings in die 2024/25 Customer Experience Index (CE-Index®) verower met ’n eerste plek in die kategorie vir kliëntesorgkontaksentrums in Suid-Afrika se mediesefondsbedryf en ’n algehele tweede plek in die bedryf.

“Hierdie toekennings is ’n klinkklare bewys dat duisende Suid-Afrikaners ons met dekking vir gesondheidsorg vertrou,” sê Varsha Vala, Hoofbeampte by Medihelp. “Ons deel dié oorwinning met ons lede, ons werknemers, ons adviseurs en ons vennote. Dankie vir julle onwrikbare ondersteuning.”

Die CE-Index®, ontwikkel deur die Universiteit van Pretoria, is ’n onafhanklike en wetenskaplik-gegronde maatstaf vir kliënte-ervaring in verskeie sektore. Dit evalueer hoe organisasies presteer in kernareas, van kontaksentrums tot digitale platforms en produkbetrokkenheid.

Medihelp se 2024/25 CE-Index® prestasie
  • Kliëntesorgkontaksentrum:1ste plek
  • Algeheel in die bedryf: 2de plek
  • Mediesefondsproduk: 3de plek
  • Digitale kanaal: 3de plek
Medihelp se topplek in die kategorie vir kliëntesorgkontaksentrum weerspieël sy uitgangspunt dat tegnologie diens kan verbeter maar mense vertroue skep.

“By Medihelp word elke interaksie gelei deur ons waardes van uitnemendheid, deernis, samewerking en deursigtigheid,” sê Vala. “Ons mense is trots om positiewe ervarings te skep wat weerspieël wie ons is – ’n span wat diep omgee vir ons lede en saamwerk om die beste oplossings te vind.

“Ons vier hierdie mylpaal met dankbaarheid teenoor elke Medihelper wat ons lede ondersteun en gewaardeerd laat voel. Want per slot van rekening is sorg steeds menslik, en dit is ons sterkpunt.”

Deur sy voortgesette verbintenis tot diens wat mense eerste stel, bewys Medihelp dat gesondheidsorg nie net oor mediese dekking gaan nie – dit gaan oor menslike verhoudings gebou op vertroue, empatie en uitnemendheid.

MEER INLIGTING
Medihelp Mediese Skema is Suid-Afrika se oudste mediese skema en vier vanjaar 120 jaar van uitnemendheid Die Skema bied bekostigbare gesondheidsorgdekking aan elkeen, maar veral aan dié wat fiks, vriendelik, gesond, dapper, kreatief, slim, ambisieus en huishenne is.

VIR ONDERHOUDE
Kontak asseblief Lien Potgieter, Hoof van Bemarking by lienpotgieter@medihelp.co.za


Share this on: