Back 14 Apr, 2022 - Vakansiedae

Medihelp

By Medihelp

Back

Die Paasfees

Die Paasfees

Suid-Afrikaners sal vir die eerste keer in twee jaar die Paasnaweek kan geniet sonder om streng COVID-19-reëls hoef te volg.
Read more

Bly hierdie Paasfees veilig

Suid-Afrikaners sal vir die eerste keer in twee jaar die Paasnaweek kan geniet sonder om streng COVID-19-reëls hoef te volg.

In 2020 was die vyf weke lange landwye inperking van krag tydens die Paasnaweek en was mense belet om hulle huise te verlaat behalwe in uiterste omstandighede en kon hulle nie vriende en familie besoek nie.

In 2021 het ’n vlak 1-inperking gedurende die Paasnaweek gegeld, met alkoholverkope en samekomste wat verbied was, ’n aandklokreël wat vanaf middernag tot 4:00 gegeld het, en reis tussen provinsies wat toelaatbaar was, maar ontmoedig is.

Suid-Afrikaners sal na verwagting hierdie Paasfees hulle nuutgevonde vryheid vier deur interessante en pragtige plekke regoor die land te besoek en gehaltetyd saam met familie en vriende deur te bring gedurende die tyd van besinning, vreugde en hoop.

Bly veilig op ons paaie

Talle mense sal hierdie naweek die langpad aanpak om familie- en godsdiensbyeenkomste by te woon. Die Paasnaweek is een van die besigste en gevaarlikste tye op die land se paaie, met ’n skerp styging in die getal padsterftes. In 2021 het 235 mense tydens die Paasnaweek in motorongelukke gesterf.

Indien jy beplan om per pad na jou vakansiebestemming te reis, moet jy behoorlike voorbereidings tref. Laat jou motor hersien om te sorg dat dit padwaardig is en dat alles werk, en wees voorbereid vir enige noodgeval langs die pad, soos ’n pap wiel. Beplan jou roete en maak voorsiening om gereeld te stop vir brandstof en ’n ruskans. Dra altyd jou veiligheidsgordel, volg die padreëls, wees bedagsaam teenoor ander motoriste, en moenie dat iets jou aandag aftrek terwyl jy bestuur nie.

Onthou om jou Netcare 911-plakker op jou motor se agterruit te plak, en stoor hulle nommer onder “Ambulans” op jou selfoon.

In case of emergency

’n Noodhulptassie is ook noodsaaklik om enige onverwagse situasies tydens jou reis of by jou vakansiebestemming mee te dokter. Mediese noodgevalle is onvermydelik, daarom moet jy sorg dat jy weet wat om in ’n noodgeval te doen.

Jou Medihelp-lidmaatskap gee jou die gemoedsrus dat jy en jou geliefdes beskerm is sou daar enigiets tydens julle reis gebeur. Registreer op Medihelp se Member Zone en laai die app vir lede af om te verseker dat jy altyd en orals jou e-lidkaart beskikbaar het om met verskaffers van gesondheidsorgdienste te deel.

ekere van Medihelp se mediesefondsplanne maak gebruik van netwerkverskaffers en lede van hierdie opsies word aangeraai om netwerkhospitale op hulle roete en by hulle bestemming te identifiseer deur te soek vir netwerkhospitale op Medihelp se webtuiste, op die Member Zone of of laai die app vir lede.

Alle Medihelp-lede is gedek vir nood mediese sorg, ongeag die plan waarop hulle ingeskryf is. Indien jy noodvervoer na ’n hospitaal benodig, skakel vir Netcare 911 by 082 911. Netcare 911 sal die situasie evalueer en noodvervoer ontbied indien nodig. Laai ook die Netcare 911-app af voordat jy vertrek – hierdie diens verseker dat Netcare 911 se noodpersoneel jou in die kortste moontlike tyd kan bereik sodat jy vinniger hulp kan kry.

In ’n noodgeval kan jy direk na ’n noodeenheid by die naaste hospitaal gaan vir hulp.

Bronne:

https://aa.co.za/holiday-travel-tips-from-the-aa-2/
https://www.arrivealive.co.za/Road-Safety-Tips
https://traveldoctor.co.za/2022/03/10/easter-break-safety-tips-for-travellers/
https://www.medihelp.co.za/af/kry-vinnige-antwoorde/noodgevalle
https://toolbox.medihelp.co.za/af/teken-aan


Share this on: