Back 04 Aug, 2022 - Gesondheidsbewustheid

Back

Die verband tussen borsvoeding en bandvorming

Die verband tussen borsvoeding en bandvorming

Unieke ervarings tussen ’n ma en haar baba
Read more

Die verband tussen borsvoeding en bandvorming is een van daardie unieke ervarings tussen ’n ma en haar baba. Baie van ons het al die liefde van ’n ouer of die passie vir ’n ander persoon ervaar, maar min van ons is voorberei vir die oorweldigende liefde wat ons vir ons babas het. Dis hierdie liefde wat die sleutel tot die mens se oorlewing is. Ons onvolwasse klein mensies word lank en met groot waaksaamheid versorg omdat ons onlogies en halsoorkop verlief raak.

Die brein is meesterlik ontwerp om die liefdeshormoon oksitosien vry te stel presies wanneer ons dit nodig het – wanneer ons omgang het, net voor geboorte (tydens kraam) en wanneer ons borsvoed. Dis in hierdie oomblikke dat ons fisiologie oorneem en ons so lekker liefdedronk laat voel.

Waarom is oksitosien so belangrik vir bandvorming?

Die grootmaak van ’n gesonde mensie wat veilig verbind voel en ander kan liefhê, beteken dat jy van die begin af ’n sterk band moet vestig. Met die opwelling van oksitosien tydens geboorte het jy moontlik dadelik daardie band met jou bondeltjie liefde gesmee. Maar dis nie altyd die geval nie. Ons weet gelukkig dat bandvorming nogal ’n tydjie kan neem. Versorging en bandvorming gedurende die eerste lewensjare is net so belangrik soos die oomblik van geboorte.

Wanneer jy jou baba streel, vertroetel en van kop tot tone bekyk, lei hierdie versorging tot die vrystelling van oksitosien in albei van julle. Dit versterk vertroue, liefde en emosie, en maak die vrese minder. Jou baba se brein kry letterlik die seine wat hy of sy nodig het om te konnekteer, interaksie te hê en aandag te kry of te gee – ’n voorloper van taal.

Die voordele wat borsvoeding vir bandvorming inhou

Oksitosien word ten beste tydens borsvoeding vrygestel. Die sakrefleks wanneer die melk verskyn hou met ’n opwelling van oksitosien verband. Wanneer jou baba huil en jy regmaak om te borsvoed, begin jy reeds hierdie ongelooflike hormoon vrystel en jy en jou baba kry julle daaglikse dosis van voel-goed-hormone.

Onder die invloed van oksitosien voel jy rustig en jou baba voel gepaai. Verder raak jou reuksintuig sterker en jou baba se reuk word vir ewig ingestempel. Danksy oksitosien sal jy ook tydens borsvoeding meer aan jou baba wil raak, wil streel en bekyk. En so begin die kettingreaksie wat die band tussen jou en jou baba vorm.

Die siklus van borsvoeding en bandvorming

BABA HUIL → OKSITOSIEN WORD IN JOU VRYGESTEL → JY BORSVOED JOU BABA → NOG OKSITOSIEN WORD IN JOU VRYGESTEL → JY STREEL EN VERTROETEL JOU BABA MEER → JOU BABA STEL OKSITOSIEN VRY → JOU BABA RAAK RUSTIG → JY VOEL MEER GESLAAG AS ’N MOEDER → HARMONIE GROEI ... en die siklus gaan voort.

Moeder Natuur is wonderlik en moederskap is een van haar grootste wonderwerke. Dis baie belangrik om te besef watter rol borsvoeding in die vrystelling van oksitosien speel. Baie moeders vind borsvoeding uitdagend en besaai met hindernisse. Daarom is dit ewe belangrik om te besef dat jou liefde vir en versorging van jou baba, hoe dit ook al sy, baie meer gewig dra as hoe jy jou baba voed. Konnekteer met jou baba, vertroetel jou baba, raak aan jou baba – en dis hoe jy die band tussen julle vorm. Lees verder oor die sensoriese ervaring van voeding.

Wanneer borsvoeding nie van nature is nie (podsending)

Breastfeeding: the practical and emotional challenges with Cassidy Mason | S2 Ep27

Luister na Meg se wenke vir Cass se uitdagings met haar besige klein Max. Meg gesels oor haar eie probleme met die borsvoeding van haar drie kinders en hoe belangrik dit is om buigsaam te wees. En die feit dat daar geen ding soos ’n perfekte, permanente roetine is wanneer dit by babas kom nie.

As jy kundige raad wil hê oor hoe om jou baba met die bors of bottel te voed, skryf in op Parent Sense. Meg Faure het hierdie een-stop-baba-app ontwerp om jou die nodige vertroue te gee oor kwessies soos voeding, slaap, ontwikkeling en gesondheid. Laai dit nou af en begin rekord hou van jou baba se voedings. Dis GRATIS. Of jy kan al die voordele van sinvolle ouerskap ontsluit met ’n bekostigbare, buigsame inskrywingspakket.


Share this on: