Back 08 Mrt, 2022 - Medihelp-produkte

Back

Die waarde van goeie advies

Die waarde van goeie advies

Ons is geneig om finansiële besluite te neem op grond van ons huidige omstandighede pleks van wat voorlê.
Read more

Ons is geneig om finansiële besluite te neem op grond van ons huidige omstandighede pleks van wat voorlê. Dit is ook die geval wanneer dit kom by die kies van ’n mediese fonds.

Die meeste mense kies ’n mediesefondsplan wat hulle kan bekostig. Die gevolg is feitlik altyd dat die plan se voordele nie in hulle behoeftes voorsien nie en dat hulle voordele vroeg in die jaar reeds uitgeput

Dit kan vermy word deur ’n geakkrediteerde finansiële adviseur te raadpleeg wat in mediese dekking spesialiseer.

Waarom moet ek met ’n adviseur gesels?

Dit is altyd ’n goeie idee om te weet watter opsies jy beskikbaar het voordat jy ’n finansiële besluit neem wat jou toekoms sal beïnvloed.

’n Geakkrediteerde finansiële adviseur is vertroud met al die beskikbare dekkingsopsies in die bedryf en is nie emosioneel betrokke by jou besluit nie, wat beteken dat hy of sy ’n objektiewe ontleding van jou behoeftes en finansiële vermoëns kan doen. Die adviseur sal dan die beste planne aanbeveel op grond van jou behoeftes en begroting.

Waarom kan ek nie net ’n bekostigbare opsie kies nie?

Indien jy ’n plan kies wat nie behoorlike dekking vir jou gesondheidsorgbehoeftes bied nie, sal jy op die ou end meer uit jou eie sak moet betaal vir dienste wat nie deur jou opsie gedek word nie as wat die hoër premie jou sou kos. ’n Adviseur kan sulke oordeelsfoute aan jou uitwys.

Goeie advies kan jou dus in die lang termyn ’n klomp geld spaar.

Finansiële adviseurs moet streng bedryf- en wetsvereistes nakom om geakkrediteer te word. Hulle word wetlik verplig om jou van advies te bedien wat by jou spesifieke behoeftes en begroting pas, selfs al is dit nie tot hulle finansiële voordeel nie. Hulle maak jou attent op bestaande en toekomstige risiko’s om te verseker dat jy behoorlik na jou gesondheid kan omsien teen ’n billike prys.

Wanneer jy met ’n geakkrediteerde Medihelp-adviseur gesels, kry jy professionele advies volgens jou omstandighede, maar die finale besluit berus by jou en jy is onder geen verpligting om die adviseur se aanbevelings te aanvaar nie. Die verskil is dat jy baie beter ingelig sal wees wanneer jy jou besluit neem.

Hou in gedagte dat elke finansiële besluit wat jy neem, langtermyngevolge vir jou toekomstige welstand en welvaart het. Elke slim besluit wat jy neem, plaas jou in ’n beter posisie om na jou gesondheid om te sien en te spaar vir die toekoms. ’n Geakkrediteerde finansiële adviseur kan jou met die proses help sodat jy nie kanse waag met jou gesondheidsdekking nie.

Praat vandag met ‘n Medihelp-geakkrediteerde adviseur.


Share this on: