Ons beursies is deesdae propvol kaarte en dit raak al hoe moeiliker om tred te hou met watter kaarte belangrik is en watter nie. En in ʼn noodgeval is die einste kaart wat jy nodig het, gewoonlik weg.
Medihelp maak dit egter vir jou maklik om altyd jou lidkaart by jou te hê met ons e-lidkaart. Jy en jou afhanklikes kan jul jongste kaarte op die Member Zone kry. Gaan eenvoudig na Member Zone > Lidmaatskap > E-lidkaart. Van hier af kan jy dit direk met jou dokter of apteker deel.
Die e-lidkaart is ook op die Medihelp-app beskikbaar. Laai die app af op Google Play, iStore of Huawei AppGallery.
Jou e-lidkaart bevat altyd die mees onlangse, bygewerkte inligting van jou lidmaatskap. Maak asseblief seker dat al die besonderhede op jou kaart korrek is. Jy kan die meeste van jou persoonlike inligting op die Member Zone bywerk, soos kontak- en bankbesonderhede. Indien jy ander inligting moet bywerk, skakel Medihelp se Kliëntediens by 086 0100 678.