Medihelp, een van die vyf grootste oop mediese skemas in die land, het dubbele erkenning ontvang vir hulle toewyding aan beide finansiële adviseurs en lede.
Johan Viljoen, Waarnemende Hoofbeampte van Medihelp, vermeld: “Ons eweknieë het ons onlangs geëer deur ons as een van die top drie produkleweransiers in die gesondheidsorgkategorie van die 2023 FIA Intermediary Experience Awards te kies. Hierdie toekenning erken die harde werk, innovasie en toewyding aan die voortdurende verbetering van ons voortreflike diens aan adviseurs.
“Bo en behalwe ons mediesefondplanne wat vir elke mens, elke sak en elke lewensfase ’n oplossing bied, glo ons dat ons digitale platforms ook ’n belangrike rol speel wanneer adviseurs hulle kliënte se gesondheidsorg aan ons toevertrou.”
Medihelp se Adviser Toolbox, ’n baanbrekerplatform in die mediesefondssektor toe dit ’n paar jaar gelede bekendgestel is, stel ons vennote in staat om van tydrowende, papier-intensiewe prosesse vir die verwerking van eise, navrae en lidmaatskap weg te beweeg na ’n aanlyn platform waar die meeste funksies vinnig en maklik hanteer kan word.
Wat adviseurs op die Adviser Toolbox kan doen
- Sien kliënte se debietorderdatums
- Dien eise namens kliënte in
- Sien ledegeldsamestelling en rekonsiliasies
- Sien kliënte se beskikbare voordele
- Laai kliëntelyste af
- Volg die vordering van lidinskrywings
Medihelp maak dit ook maklik vir korporatiewe groepe om met ons te werk Na aanleiding van hulle terugvoer en vereistes, is die platform uitgebrei sodat korporatiewe groepe:
- werknemers se inskrywings kan voltooi en indien;
- hangende aansoeke se vordering kan volg;
- werknemers se afhanklikes en nuutgebore babas kan registreer;
- uitstaande werknemersinligting kan indien;
- werknemers se inskrywingsvoorwaardes kan aanvaar; en
- verslaggewing kan aanpas om werkgewers in staat te stel om ingeligte besluite oor hulle werknemers se gesondheid te neem.
Die tweede toekenning is die topposisie vir kliëntetevredenheid in die 2023 Ask Afrika Orange Index. “Ons wil ons lede bedank dat hulle vir ons gestem het. Hulle is die hart van Medihelp en ons sal altyd in hul beste belang optree
“Ek wil benadruk dat, alhoewel ons die digitale era ten volle aangryp, Medihelp nooit ons menslikheid sal verloor nie. Die feit dat ons adviseurs, lede en gesondheidsvennote nog steeds die foon kan optel en die groen knoppie kan druk, is een van die redes waarom Medihelp uitblink.
“Ons dienslewering is en sal altyd persoonlik bly, ongeag of ons belanghebbers digitaal of mens tot mens met ons wil skakel,” sluit Viljoen af.
Medihelp is ’n gemagtigde verskaffer van finansiële dienste (FSP No 15738).