Back 08 Des, 2021 - Vakansiedae

Back

Geniet die son die somer

Geniet die son die somer

Met soveel sonskerm-opsies beskikbaar, kan dit nogal ’n veeleisende taak wees om die regte sonskerm te kies.
Read more

Hoe om die regte sonskerm te kies
Of jy nou ’n entoesiastiese buitelugmens is of elke dag net ’n paar minute in die son deurbring, is dit noodsaaklik om altyd sonskerm te dra. Sonskerm help om jou vel teen die skadelike effekte van die son te beskerm, soos velveranderinge, sonbrand, vroeë veroudering en velkanker.

Met soveel sonskerm-opsies beskikbaar, kan dit nogal ’n veeleisende taak wees om die regte sonskerm te kies. Hoe weet ons watter een beter beskerming bied? Wat sou die beste opsie vir ons veltipe wees? Sal sonskerm effektief bly wanneer ons sweet of tyd in die water deurbring? Wat beteken SPF, UVA, UVB en breë-spektrum-beskerming, en hoekom is dit vir ons belangrik om te weet?

UVA-, UVB- en UVC-strale

Wanneer ons tyd in die son deurbring, word ons blootgestel aan ultraviolet- (UV-) straling van die son se strale wat die aarde se oppervlak bereik. UV-strale word in UVA-, UVB- en UVC-strale gekategoriseer.

UVA-strale bestaan uit UVA1 en UVA2 en verteenwoordig soveel as 95% van die UV-straling wat die aarde bereik. Hierdie strale veroorsaak velveroudering, rooiheid, verdonkering van pigmente en velkanker (hoewel UVA1 nie so sterk soos UVA2 is nie).

UVB-strale bestaan uit UVA1 en UVA2 en verteenwoordig soveel as 95% van die UV-straling wat die aarde bereik. Hierdie strale veroorsaak velveroudering, rooiheid, verdonkering van pigmente en velkanker (hoewel UVA1 nie so sterk soos UVA2 is nie).

UVC-strale is nie gevaarlik nie, want dit word deur die osoonlaag geabsorbeer en bereik gewoonlik nie die oppervlak van die aarde nie.

SPF en breë-spektrum
SPF – sonbeskermingsfaktor – is ’n maatstaf van hoe goed jou sonskerm jou teen skadelike UVB-strale beskerm. Volgens wet moet ’n sonskerm se SPF altyd op die etiket aangedui word.

SPF word in die volgende graderings verdeel:

  • Lae beskerming: SPF is onder 15.
  • Meedium beskerming: SPF is 15 tot 29.
  • Hoë beskerming: SPF is 30 tot 49.
  • Baie hoë beskerming: SPF is meer as 50.
  • Dit word ook beïnvloed deur die tyd van die dag wat jy in die son is, want die son is teen so 12:00 sterker as wat dit in die oggend of laatmiddag is. (’n Uur soggens in die son kan dieselfde blootstelling gee as net 15 minute wat 12:00 in die son bestee word.)

    Breë-spektrum-beskerming verwys na sonskerms wat teen sowel UVA- as UVB-strale beskerm.

    Hoeveel sonskerm moet ek gebruik?
    Kenners beveel sonskerm met ’n SPF van minstens 15 vir alledaagse gebruik aan, en minstens 30 vir langdurige buitemuurse aktiwiteite. Sonskerm moet gereeld aangesmeer word wanneer jy ’n lang tyd in die son deurbring en nadat jy aan wateraktiwiteite deelgeneem het, of nadat jy erg gesweet het. Waterbestande sonskerms is geformuleer om langer op ’n nat vel te bly.

    Sonskerm en waterweerstand
    Water- en sweetweerstand is ’n belangrike eienskap om te oorweeg wanneer jy sonskerm kies. Sonskerm kan óf ‘waterbestand’ óf ‘baie waterbestand’ wees. Met waterbestande sonskerm word SPF ná 40 minute se wateraktiwiteit of sweet gehandhaaf, terwyl baie waterbestande sonskerm jou vir tot 80 minute teen die son beskerm. Die waterweerstand hang af van hoe die sonskerm geformuleer is en die aktiewe bestanddele daarvan. Met sommige sonskerms moet ’n mens ’n hele paar minute wag nadat dit aangesmeer is sodat die produk ’n waterbestande film kan vorm.

    Verskillende sonskerms vir gesig, liggaam en sensitiewe vel
    Verskillende sonskerms is op die mark beskikbaar, insluitend gesig- en liggaam-spesifieke sonskerms en sonskerms vir sensitiewe vel.

    Gesigsonskerm word gewoonlik anders geformuleer deur die verskille tussen die vel op ’n mens se gesig en liggaam in ag te neem. Gesig-spesifieke sonskerms is geneig om minder vetterig te wees om puisies te verhoed, om makliker te absorbeer en om minder irritasie van die vel te veroorsaak.

    Party mense met ’n sensitiewe vel kan vind dat hulle allergies is vir bestanddele in ’n spesifieke sonskerm. Die gebruik van sonskerm saam met ander room en vloeiroom kan ook ’n allergiese reaksie veroorsaak, of selfs as jy sekere medikasies neem. Gelukkig is sekere sonskerms spesifiek vir ’n sensitiewe vel ontwikkel, insluitend sonskerms sonder geur of alkohol daarin.

    Voordat jy dit gebruik, smeer vir ’n paar dae ’n bietjie sonskerm aan die binnekant van jou voorarm aan om vir enige reaksie dop te hou sodat jy weet of jy ’n sensitiwiteit vir sonskerm het of nie.

    ’n Bietjie son is steeds nodig

    Blootstelling aan die son is nodig vir die sintese van vitamien D in die vel. Vitamien D kan help om kalsium meer doeltreffend te absorbeer, om jou liggaam se immuunfunksie te ondersteun en om jou skelet, spiere en hart te beskerm.

    Net 15 minute in die son kan jou liggaam van die daaglikse vitamien D-behoeftes voorsien.

    Wat as ek sonbrand kry?

    T’n Paar dinge wat jy kan doen om sonbrand te verlig:

  • Gebruik ’n bevogtiger wat spesifiek help om sonverbrande vel te streel, soos een wat aloe vera of hidrokortisoon bevat.
  • Neem gereeld ’n koel bad of stort..
  • Neem anti-inflammatoriese medikasie om enige swelling en ongemak te verminder.
  • • Drink baie water en ander vloeistowwe om gehidreer te bly.
  •  

    Jou Medihelp selfmedikasie voordele

    As jy vermoed dat jy dalk jou sonblootstelling effens oordoen het, kan jy ’n apteker vir raad vra. Indien jy sonder ’n voorskrif medikasie ontvang, wat ook toonbankmedikasie of selfmedikasie genoem word, sal voordele betaal word uit die beskikbare fondse in jou spaarrekening of die voordeel vir selfmedikasie onder jou dag-tot-dag-voordele, afhangende van die spesifieke plan waarop jy is. Jy kan jou voordele aanlyn besigtig deur op die Member Zone te registreer.

    Bronne:
    https://cansa.org.za/category/recent-posts/prevention-early-detection/sunsmart/
    https://www.mayoclinic.org/healthy-lifestyle/adult-health/in-depth/best-sunscreen/art-20045110
    https://www.skincancer.org/skin-cancer-prevention/sun-protection/sunscreen/
    https://www.aad.org/public/everyday-care/sun-protection/sunscreen-patients/sunscreen-faqs
    https://www.uptodate.com/contents/selection-of-sunscreen-and-sun-protective-measures?csi=f0d12d8b-7bf8-403b-9832-96b4e7cfc4d1&source=contentShare
    https://www.skincancer.org/skin-cancer-prevention/sun-protection/sunscreen/
    https://www.medicalnewstoday.com/articles/306838


    Share this on: