Back 14 Mei, 2024 - Floreer!

Back

ʼn Gratis roetine gesondheidstoets kan jou lewe red

ʼn Gratis roetine gesondheidstoets kan jou lewe red

ʼn Gratis roetine gesondheidstoets kan jou lewe red en aktiveer ʼn ekstra R490 vir selfmedikasie.
Read more

In Suid-Afrika is hipertensie (hoë bloeddruk) en hiperlipidemie (hoë cholesterol) is twee van die siektes wat tot die meeste sterftes lei ­– maar hulle het geen simptome nie. ʼn Roetine gesondheidstoets kan jou help om gesondheidsrisikos vroegtydig te bespeur en voorkom dat jy ʼn slagoffer word.

As deel van Medihelp se bykomende versekerde voordele, bied al ons planne toegang tot ʼn gratis gesondheidstoets. Hierdie gesondheidstoets is ʼn kombinasietoets vir bloedglukose, cholesterol, bloeddruk en liggaamsmassa-indeks (LMI) en kan jou help om betyds leefstylveranderings te maak om gesonder te wees of mediese behandeling te kry indien nodig.

Met Medihelp se uitgebreide sorg kan lede ook bykomende voordele aktiveer as ʼn belonging dat jy na jou gesondheid omsien. Sodra die eerste eis vir ʼn kombinasietoets uit jou bykomende versekerde voordele betaal word, word ʼn eenmalige voordeel van R490 vir selfmedikasie vir die gesin geaktiveer.

Let wel: MedMove!-lede kwalifiseer nie vir die uitgebreide sorgvoordeel nie.

Die uitgebreide sorgvoordeel word nie geaktiveer indien jy reeds geregistreer is vir ʼn voorgeskrewe minimum voordeel (VMV) of chroniese medisynevoordeel wat met die betrokke gesondheidstoetse verband hou nie.

Klik hier om meer uit te vind oor Medihelp se gesondheidstoets en ons uitgebreide sorgvoordeel.


Share this on: