Te midde van baie negatiewe mediaberigte het Suid-Afrika, volgens ʼn onlangse verslag deur Numbeo (een van die wêreld se grootste navorsingsdatabasisse), die beste gesondheidsorg in Afrika. In die verslag is Suid-Afrika aangewys as die land met die 49ste beste gesondheidsorg ter wêreld, bo lande soos Rusland, Griekeland en selfs Ierland. Dit verklaar hoekom daar vir ons lede geen tekort is aan goeie privaat hospitale nie, wat dit baie moeilik maak om die beste een vir jou behoeftes te kies.
Om vir jou toegang tot die beste gehalte hospitale teen bekostigbare tariewe te kry, het Medihelp privaat hospitale regoor die land deurgekam. Ons het spesiale tariewe beding met ʼn uitgekiesde netwerk van privaat hospitale en dagsorgfasiliteite. Danksy die onderhandelinge, is die proses vir jou meer vaartbelyn gemaak. In tye van siekte of nood, hoef jy nie die tydrowende en oorweldigende taak van ʼn hospitaal soek aan te pak nie.
ʼn Immergroeiende netwerk
Medihelp het in 2024 meer as 40 hospitale by ons dagprosedurenetwerk gevoeg, wat verseker dat al ons MedMove!- en Elect-lede toegang het tot ʼn gerieflik geleë, kwaliteit fasiliteit. Deur ons netwerk voortdurend uit te brei, skep ons ʼn groeiende lys privaat hospitale en dagsorgfasiliteite wat verseker dat jy altyd toegang het tot ʼn kwaliteit fasiliteit naby jou, sonder om bekommerd te wees oor groot bybetalings.So, hoe verskil ons hospitaal- en dagprosedurenetwerke?
Hospitaalnetwerk (HN)
Ons hospitaalnetwerk (HN) is ʼn netwerk van hospitale waartoe lede van MedMove! en ons Elect-planne toegang het. Hierdie lede kry dus uitstekende sorg teen ʼn verlaagde premie en kan bybetalings vermy, waar van toepassing.
Dagprosedurenetwerk (DPN)
Die dagprosedurenetwerk (DPN) is ontwerp vir lede van die Elect-planne, aangesien sekere prosedures slegs gedek word indien dit in een van ons dagprosedurefasiliteite uitgevoer word. MedMove!-lede moet van hierdie lys hospitale vir prosedures gebruik maak. Prosedures wat hierdeur geraak word, sluit in oftalmologiese, endoskopiese, oor-, neus- en keelprosedures, velletselverwydering, besnydenis en tandheelkundige prosedures.
Hoe weet ek watter hospitale deel is van Medihelp se netwerke?
Om jou voordeelplan se naaste netwerkhospitaal op te spoor, besoek https://www.medihelp.co.za/, klik op KONTAK en kies Soek ʼn verskaffer. Dit sal jou in staat stel om hospitale, algemene praktisyns, tandartse, oogkundiges en selfs spesialiste op jou voordeelplan se netwerk in jou area te soek.As jy die Medihelp-app (beskikbaar op Google Play/iStore/Huawei AppGallery) gebruik, kan jy op Soek ʼn verskaffer klik en soek na ʼn hospitaal (of enige ander gesondheidswerker) naby jou wat in jou unieke voordeelplan val.
ʼn Volledige lys van ons netwerkfasiliteite en die planne waarop dit van toepassing is, is hier beskikbaar.