Back 11 Jul, 2023 - Medihelp

Back

Jongste nuus oor NGV en verwante uitdagings

Jongste nuus oor NGV en verwante uitdagings

Die Nasionale Vergadering het op 13 Junie 2023 die Wetsontwerp oor Nasionale Gesondheidsversekering (NGV) goedgekeur.
Read more

Hoewel dit ’n tree nader aan toepassing is, is daar nog ’n ingewikkelde proses – wat jare kan duur – wat gevolg moet word voordat dit uitgevaardig kan word.

Soos wyd berig, vervat die Wetsontwerp in sy huidige formaat nie die private gesondheidsorgsektor se omvattende aanbevelings nie, en belangrike besonderhede oor onder meer finansiering en hulpbronne ontbreek.

As ’n groot voorstander van en bydraer tot gehalte-gesondheidsorg die afgelope 118 jaar, glo Medihelp in die ontwikkeling van ’n volhoubare stelsel wat aan meer Suid-Afrikaners toegang tot gehaltesorg sal gee. Die Wetsontwerp in sy huidige formaat is nie voldoende nie.

Medihelp is heelhartig daartoe verbind om die integriteit van die sorg wat gelewer word te bewaar en om te verseker dat lede se regte en die toekoms van die Skema beskerm word. Ons het nog altyd strategieë vir volhoubaarheid onverwyld aangeneem en het daarom ’n interne taakspan saamgestel om oplossings in die belang van lede te oorweeg en daaraan te begin werk.

Ons sal jou op hoogte van nog verwikkelinge hou.


Share this on: