Back 15 Jun, 2020 - Medihelp-produkte

Back

Medihelp hou vir die eerste keer ’n virtuele AJV

Medihelp hou vir die eerste keer ’n virtuele AJV

Medihelp Mediese Skema het vir die eerste keer in sy geskiedenis van 115 jaar virtuele prosedures vir die Algemene Jaarvergadering (AJV) ingestel, wat deur die Raad vir Mediese Skemas goedgekeur is.
Read more

Die COVID-19-pandemie het ons manier van leef verander, maar bied ook nuwe geleenthede. Medihelp Mediese Skema het vir die eerste keer in sy geskiedenis van 115 jaar virtuele prosedures vir die Algemene Jaarvergadering (AJV) ingestel, wat deur die Raad vir Mediese Skemas goedgekeur is, om lede se gesondheid te beskerm. ’n Virtuele AJV maak dit vir lede moontlik om aan die vergadering deel te neem ten spyte van die beperkings wat deur die COVID-19-pandemie meegebring is.

Die virtuele AJV sal gebruik maak van ’n eenvoudige en gebruiksvriendelike proses wat ’n moeitevrye ervaring vir alle deelnemers sal verseker. Lede kan vanaf 14:00 op Donderdag 18 Junie 2020 na die volledige video van die AJV kyk en hulle kan deelneem deur vrae en kommentaar in te dien asook deur items op die agenda te sekondeer en goed te keur. Die vergadering sal ’n oorsig van die Skema se finansiële prestasie en die bekendmaking van die stemuitslag insluit.

Medihelp deel ook graag die 2019 Jaarverslag, wat ’n oorsig bied van die Skema se algehele prestasie in 2019, ’n korporatiewebestuursverslag en die verslag deur die Raad van Trustees asook ’n opsomming van die geouditeerde finansiële state vir 2019.


Share this on: