PRETORIA – 30 September 2021 – Medihelp mediese skema het ’n gemiddelde prysverlaging van 5,57% vir vier van sy opsies in 2022 aangekondig en ’n gemiddelde styging van 2,74% vir die res van sy planne, wat ’n geweegde gemiddelde ledegeldverlaging van 0,45% tot gevolg het terwyl die waarde van beskikbare voordelebedrae vir alle opsies met gemiddeld 4,2% toeneem, wat meer as die prysaanpassing is. Die Skema het ook twee nuwe planne vir 2022 bekendgestel om te voorsien in die groeiende behoefte aan meer bekostigbare opsies wat verbruikers in staat sal stel om hulle lidmaatskap van ’n fonds voort te sit te midde van ekonomiese druk.
“Medihelp het die produkte vir 2022 geprys om te verseker dat daar geen onderbrekings in lede se gesondheidsorgdekking is nie, aangesien ons besef dat almal onder finansiële druk verkeer,” het Ettie da Silva, hoofbeampte van Medihelp, gesê.
“Soos almal in die bedryf het die Skema ook die afgelope twee jaar ’n styging in solvensie ervaar en behoort ons 2021 af te sluit met ’n solvensievlak bo 43%. Met inagneming van Medihelp se finansiële stabiliteit en nadat voorsiening gemaak is vir onder meer ’n vierde en selfs ’n vyfde vlaag COVID-19-infeksies, tariefstygings, bykomende versterkingsinentings, veroudering, groter gebruikmaking van dienste en lede wat weer elektiewe operasies laat doen, het ons die berekende en strategiese besluit geneem om ’n gedeelte van ons reserwes terug te ploeg om prysverlagings en lae ledegeldstygings moontlik te maak. Ons oogmerk is om druk op lede te verlig, maar ook om ons produkreeks meer mededingend te maak en sodoende ’n goeie keuse te wees vir lede wat prys as die bepalende faktor in produkkeuse beskou.”
COVID-19 en die voortspruitende afname in die gebruikmaking van mediese dienste, asook ’n sukkelende ekonomie, veroorsaak dat verbruikers die waarde van mediese dekking in vergelyking met die prys daarvan bevraagteken, veral die duurder mediesefondsopsies. Dit word bevestig in die bevindings van die onlangse kliëntetevredenheidsindeks, die SA-csi wat deur Consulta vrygestel is, wat wetenskaplike insae bied in die algehele tevredenheid van die lede van Suid-Afrika se grootste oop mediese fondse. Die indeks wys dat verbruikers se prystoleransie laer as ooit is, met mediesefondslede se algehele kliëntetevredenheid wat skerp afgeneem het. Dit kan hoofsaaklik toegeskryf word aan die feit dat verbruikers genoodsaak word om na goedkoper opsies te skuif maar hulle verwagtings met betrekking tot dekking ooreenkomstig aanpas nie.
Volgens die navorsing is Medihelp een van die skemas waar lede se siening van die waarde wat gebied word, afneem. Dit was daarom sinvol vir Medihelp om aanpassings te maak en te verseker dat bestaande en nuwe produkte geprys en ontwikkel word volgens lede se veranderende behoeftes.
Nuwe planne
A new plan, MedMove!, has been created to welcome first-time entrants to the market, with contributions starting at R1 452 per month. The plan is designed to allow more individuals access to private healthcare. Medihelp’s Necesse option has been replaced with MedElect, which offers a cost-effective, comprehensive network plan ideal for students, families and corporate groups seeking an inclusive healthcare solution for their employees.
Bykomende waarde vir lede
Medihelp het in 2021 die totale waarde van sy voordele vir voorkomende sorg en bykomende versekerde voordele verhoog, en het op alle opsies ’n reeks sorgvoordele bo en behalwe lede se versekerde dag-tot-dag-dekking ingestel. In 2022 sal lede ’n bykomende voordeel vir uitgebreide sorg aktiveer deur sekere gesondheidstoetse te ondergaan, wat as aansporing dien vir lede om na hulle gesondheid om te sien en terselfdertyd help dat hulle daaglikse voordele langer hou.
Da Silva sê dat Medihelp se benadering tot die 2022-ledegeldaanpassing nie die Skema of sy reserwes onder onvoorsiene druk sal plaas nie. Volgens projeksies sal Medihelp steeds stabiel bly, ook danksy die innoverende gesondheidsplanne wat by die Skema begin vorm aanneem.
“Medihelp is trots op die feit dat ons ervare genoeg is om te vertrou, maar klein genoeg is om steeds die ware barometer van sukses in die oog te hou. Ons wil bekend staan as die skema wat ag slaan op ons belangegroepe se behoeftes en ons unieke produkaanbieding. Ons glo vas dat ons met die herposisionering van ons produkreeks, hernude fokus op diens en gesondheidsorg asook die ondersteuning van adviseurs ’n volhoubare gesondheidsorgantwoord vir nog vele generasies sal bied.”