Back 21 Jan, 2020 - Medihelp-produkte

Back

Medihelp Mediese Skema stel 'n nuwe hoofbeampte aan

Medihelp Mediese Skema stel 'n nuwe hoofbeampte aan

Medihelp Mediese Skema kondig met trots aan dat Ettie da Silva as hoofbeampte aangestel is vanaf 1 Januarie 2020, na die aftrede van Heyn van Rooyen.
Read more

Medihelp Mediese Skema kondig met trots aan dat Ettie da Silva as hoofbeampte aangestel is vanaf 1 Januarie 2020, na die aftrede van Heyn van Rooyen.

Ettie het meer as 30 jaar se uitgebreide ervaring in die regs- en gesondheidsorgsektore en is dus uitstekend toegerus om die leiding te neem by Medihelp, wat in Junie vanjaar sy 115de bestaansjaar vier.

“Met eerstehandse ervaring van die mededingendheid en wisselvalligheid van die bedryf, was die sukses wat Medihelp bereik het deur een van die top selfgeadministreerde mediese skemas in Suid-Afrika te bly ’n groot trekpleister vir my. Medihelp het ’n standvastige profiel gehandhaaf deur uitstekende diens en verantwoordelike groeistrategieë, ondersteun deur goeie korporatiewe bestuur.

“Ek sien uit daarna om die beste belange van Medihelp se lede te dien. Ons lede, soos die meeste Suid-Afrikaners, moet reeds vele uitdagings trotseer en dit is ons plig om te sorg dat hulle waarde ontvang,” sê Ettie.

Meer oor Ettie
Ettie da Silva is ’n gebore en getoë Pretorianer en het ’n BProc-graad (Unisa) asook ’n MBA (UP) en LLM-graad in Korporatiewe Reg (UP) behaal. Sy is ook ’n ICSA-gegradueerde en het ’n sertifikaat in gevorderde arbeidsreg (UP) voltooi. Sy het vir 17 jaar in die regspraktyk gewerk voordat sy die Suid-Afrikaanse gesondheidsorgsektor betree het.

Sy was vanaf September 2005 tot Julie 2016 by die Afrocentric-groep werksaam, aanvanklik as die hoofbestuurder van regsdienste en daarna is sy bevorder tot uitvoerende direkteur van regsbestuur, risiko en nakoming vir Medscheme Holdings. 

Sy is toe by Afrocentric Distribution Services (voorheen Bonitas Marketing Company) geplaas as hoof uitvoerende beampte en is later bevorder na die kantoor van die hoof uitvoerende beampte by Afrocentric Investment Corporation.

Sy het in Augustus 2016 by ARC Health aangesluit as direkteur van regsdienste en is ná ARC Health se oorname van Rx Health (’n geakkrediteerde gesondheidsorgbestuursorganisasie) as hoof uitvoerende beampte van Rx Health aangestel.
Ettie-Da-Silva-LowRes
Me Ettie da Silva, nuut aangestelde hoofbeampte van Medihelp Mediese Skema


Share this on: