Back 02 Jun, 2023 - Medihelp

Back

Medihelp se nuwe kantore

Medihelp se nuwe kantore

Die opening van ’n nuwe kantoor, gerat vir ’n toekomsgerigte organisasie
Read more

25 Mei 2023 -- Pretoria -- Medihelp Mediese Skema, een van die grootste selfgeadministreerde mediese fondse in Suid-Afrika, het op Woensdag 25 Mei die amptelike opening van sy nuwe kantoor in Brooklyn, Pretoria gevier met ’n geleentheid wat vir sy belanghebbendes gehou is.

Medihelp het ’n kleiner kantoorgebou in Brooklyn opgeknap nadat sy twee kantoorgeboue in Arcadia verkoop is, en spog nou met ’n ruim oopplankantoor wat kruisfunksionele samewerking en die deel van idees bevorder maar terselfdertyd nuwe werkreëlings akkommodeer, soos hibriede en tuiswerkmodelle asook skakelvergaderings by die kantoor.

Die gebou verteenwoordig ’n nuwe fase in Medihelp se geskiedenis van 118 jaar in die Suid-Afrikaanse mediesefondsbedryf.


Share this on: