Die Medihelp Sunrise Monster vind op Saterdag 2 Maart 2019 plaas by die Harlequins-klub, Groenkloof in Pretoria. Hierdie jaar is ’n nuwe afstand van 21 km by die bekende wedlope oor 32 km, 10 km en 5 km gevoeg. Die byeenkoms gaan om 06:03 met die 32 km-wedloop afskop.
Laat inskrywings en afhaal van nommers
Aanlyn inskrywings het reeds gesluit, maar jy kan steeds vir die wedloop inskryf op die volgende maniere:
- Laat inskrywings
Laai die inskrywingsvorm af, voltooi dit en handig dit in by spesifieke sportwinkels voor Dinsdag 26 Februarie 2019 (’n volledige lys van winkels is op die inskrywingsvorm beskikbaar).
Datum: Vrydag 1 Maart 2019
Plek: Harlequins-klub, Groenkloof, Pretoria
Tyd: Vanaf 11:00 tot 18:00
(of die oggend van die wedloop vanaf 04:30) - Afhaal van nommers
Johannesburg:
Datum: Donderdag 28 Februarie 2019
Plek: The Sweat Shop, Bedford Arcade, Bedfordview
Tyd: Vanaf 11:00 tot 18:00
Pretoria:
Datum: Vrydag 1 Maart 2019
Plek: Harlequins-klub, Groenkloof, Pretoria
Tyd: Vanaf 11:00 tot 18:00
(of die oggend van die wedloop vanaf 04:30)
Wenke vir die dag
- Daag so vroeg moontlik op sodat jy naby aan die venue kan parkeer.
- Onthou dat deelnemers nie oorfone tydens die wedloop mag dra nie.
- Wees ’n netjiese deelnemer: Gebruik asseblief die vullisdromme by die waterpunte om jou leë koppies of watersakkies weg te gooi. Waterpunte gaan sowat elke 3 km op die roete beskikbaar wees.
- Daar gaan ’n area wees waar jy jou sportsak kan bêre.
- Verversings gaan by die eindstreep te koop wees.
- Onthou altyd om links te hou sodat vinniger drawwers kan verbygaan.
Nommerplasing
Maak seker jy het ’n draflisensie indien jy aan ’n wedloop van 10 km of langer gaan deelneem. Plaas jou tydelike lisensie op die rugkant van jou T-hemp en jou wedloopnommer aan die voorkant. Indien jy ’n ASA-lisensie het, moet jy twee lisensienommers dra – een aan die voorkant van jou T-hemp en een agterop.