Die Civil Service Medical Benefit Association of C.S.M.B.A. open sy deure in 1905. Dié organisasie sou sy waarde oor die jare bewys en meer as a eeu later as Medihelp bekend staan.
Medihelp vier in 2020 ’n volle 115 jaar in die Suid-Afrikaanse mediesefondsbedryf. Medihelp mediese fonds het sedert 1905 gegroei van ’n geslote mediese fonds met 362 staatsamptenare as lede tot een van die grootste oop mediese fondse in Suid-Afrika. As ’n oop mediese fonds mag Medihelp enige Suid-Afrikaanse burger as lid inskryf en is lidmaatskap nie beperk tot ’n spesifieke groep of organisasie nie. Bykans 2 000 lede is vir langer as 50 jaar reeds lid van Medihelp, en talle jonger Suid-Afrikaners kies deesdae ook vir Medihelp as hulle mediese fonds.
Enige organisasie wat 115 jaar oud word, sal noodwendig stilstaan om met genoegdoening terug te kyk op pad wat vêr terug strek, maar Medihelp sal ook die lesse wat geleer is, gebruik om ’n gesonde toekoms te bou.
Klik hier om meer uit te vind oor die begin van jou Medihelp-reis.
Medihelp se tydlyn van 115 jaar
1905 – Die Civil Service Medical Benefit Association (C.S.M.B.A.) word gestig1914 – Eerste Wêreldoorlog – die C.S.M.B.A. bied kwytskelding van ledegeld aan lede wat aktiewe diens verrig
1918 – Spaanse Griepepidemie
1930 – Die Groot Depressie – die Suid-Afrikaanse Mediese Vereniging vra vir nasionale gesondheidsversekering
1939 – Tweede Wêreldoorlog. Die C.S.M.B.A. se ledetal groei tot 3 118 lede
1940 – Die Nasionale Gesondheidskommissie bepleit ’n nasionale gesondheidsdiens
1965 – Die minister van binnelandse sake kondig aan dat die C.S.M.B.A. die verpligte mediese skema vir staatsamptenare is. Die ledetal styg tot 44 000 lede
1970 – Die C.S.M.B.A. word die grootste mediese fonds in Suid-Afrika
1973 – Ons naam verander na MHVS – Mediese Hulpvereniging van Staatsamptenare
1981 – MHVS begin om Polmed en Gevmed te administreer (die mediese skemas vir die polisie en korrektiewe dienste)
1992 – MHVS verander sy naam na Medihelp en Medihelp word ’n oop mediese fonds, wat beteken dat lidmaatskap nie meer beperk is tot staatsdienswerkers nie en dat enige Suid-Afrikaner as lid kan aansluit
1996 – Medihelp implementeer elektroniese eisverwerking en gesondheidsorgbestuursbeginsels
2004 – Medihelp stel ’n nuwe korporatiewe identiteit bekend
2008 – Medihelp is die algehele wenner in Ask Afrika se Orange-indeks
2015 – Die departement van gesondheid publiseer sy Witskrif oor Nasionale Gesondheidsversekering
2018 – Medihelp behaal die eerste plek in die Consulta SA-csi vir mediese fondse in die kategorie vir kliëntetevredenheid
2020 – COVID-19 verander die wêreld en Medihelp pas aan by ’n nuwe normaal