Back 15 Nov, 2022 - Gemeenskapsopheffing

Back

Omgee in Aksie

Omgee in Aksie

Die Phyllis Robertson Tehuis vir volwassenes met gestremdhede
Read more

Die Phyllis Robertson Tehuis vir volwassenes met gestremdhede is ’n sorgfasiliteit wat geen subsidies ontvang nie maar uitsluitlik staatmaak op donasies en akkommodasiefooie om nie net minimumsorg te kan bied aan persone met ’n verskeidenheid gestremdhede nie, maar hulle ook te vermaak, gerieflik te hou en hul lewens te verryk.

Medihelp het onlangs uitgereik na hierdie organisasie en aangebied om te help om die inwoners gemaklik en gestimuleer te hou. Met die hulp van Jady Hewitt, die Phyllis Robertson Tehuis se algemene bestuurder, het ons ’n lys saamgestel van die dringendste behoeftes wat aandag benodig.

Ons MediHELPER-span het sedertdien die besoekarea in die tuin verfraai met sambrele en het ’n splinternuwe industriële skottelgoedwasser aan die tehuis voorsien. Medihelp het ook nog ’n TV vir die tehuis se TV-kamer aangeskaf waar die inwoners kan ontspan en vermaak kan word.

Ons span sal in die komende weke ook ’n industriële wasmasjien en ’n nuwe mikrogolfoond aan die tehuis skenk.

Indien jy betrokke wil raak om die Phyllis Robertson Tehuis te ondersteun, klik hier om ’n lys van hulle behoeftes af te laai. Die tehuis benodig altyd kos, klere, toiletware of net ’n hartlike glimlag – geen geskenk of gebaar is te klein nie.


Share this on: