Indien jy ’n mediesefondsplan met ’n spaarrekening het, word ’n gedeelte van jou ledegeld in ’n spaarrekening betaal. Die spaarrekeningfondse kan dan gebruik word om vir dag-tot-dag- gesondheidsverwante uitgawes soos voorskrifmedisyne en dokterskonsultasies te betaal. Dis ’n slim keuse vir mense wat self hulle gesondheidsorguitgawes wil beheer.
Medihelp bied twee planne met mediese spaarrekeninge om van te kies, naamlik Unify en Prime 2.
Unify is een van die vinnigs groeiende Medihelp-produkte danksy die plan se bekostigbaarheid en ruim 25%-spaarrekeningbydrae tot die maandelikse ledegeld, waarmee dag-tot-dag- mediese uitgawes soos doktersbesoeke en medisyne betaal kan word. Wanneer jy by Unify aansluit, is ’n kredietfasiliteit vooruit op die spaarrekening beskikbaar, gebaseer op die getal maande wat oorbly in die jaar, waarmee jy dag-tot-dag- mediese uitgawes vanaf die aanvang van jou lidmaatskap kan betaal. Indien jy byvoorbeeld in Januarie aansluit, sal jy dadelik 12 maande se spaarrekeningbydraes beskikbaar hê. Die fondse in jou spaarrekening akkumuleer en word na die volgende jaar oorgedra. Unify bied ook omvattende dekking vir opnames in enige privaat hospitaal en bykomende versekerde voordele vir voorkomende sorg en gesondheidstoetse.
Klik hier om ’n opsomming van Unify se voordele te sien.
Prime 2 is ook ’n spaarplan, maar met ’n 15%-spaarrekeningbydrae vir dag-tot-dag- mediese uitgawes en ’n uitgebreide mandjie versekerde voordele wat dekking vir voorkomende sorg, gesondheidstoetse, swangerskapkonsultasies, 2D-sonars en babavoordele bied. Dis bo en behalwe die fondse wat in die spaarrekening beskikbaar is. Die produk sluit ook omvattende dekking vir opnames in enige privaat hospitaal in. Prime 2 het ’n netwerkweergawe beskikbaar – dit verskil ten opsigte van hospitaaldekking en VMV- chroniese medisyne: Prime 2 Netwerk het 113 gehalte privaat hospitale en VMV- chroniese medisyne moet by ’n verskaffersnetwerk verkry word. Jy spaar 22% op jou maandelikse premie deur Prime 2 Netwerk te kies.
Klik hier om ’n opsomming van die Prime 2-plan te sien.
Indien hierdie lyk na goeie opsies vir jou gesondheidsorgbehoeftes in 2019 kan jy kies om met ’n adviseur te gesels vir meer inligting of jy kan aanlyn aansoek doen.