Back 11 Aug, 2021 - Medihelp-produkte

Back

Prime 2 Netwerk – voorsien in jou behoeftes tydens elke lewensfase

Prime 2 Netwerk – voorsien in jou behoeftes tydens elke lewensfase

As jy wil spaar op jou maandelikse mediesefondsbydraes maar steeds toegang tot gehalte- privaat gesondheidsorg wil hê, kyk gerus na Medihelp se Prime 2 Netwerk-opsie.
Read more

As jy wil spaar op jou maandelikse mediesefondsbydraes maar steeds toegang tot gehalte- privaat gesondheidsorg wil hê, kyk gerus na Medihelp se Prime 2 Netwerk-opsie. Hierdie hibriedplan voorsien in jou behoefte aan bekostigbaarheid, toepaslike waarde en aanpasbaarheid, wat dit die ideale mediesefondsplan vir jong gesinne of enkellopende professionele mense maak.

Prime 2 Netwerk bied jou:

  • ’n Landwye netwerk van gehalte- privaat hospitale
  • Voordele vir posthospitaalsorg
  • Volle dekking vir 270 VMV-toestande en 26 chroniese siektes (aangewese diensverskaffers, ’n spesialisnetwerk, protokolle en voorafgoedkeuring is van toepassing)
  • Voordele vir gespesialiseerde radiologie
  • Dekking vir mediese nooddienste, insluitend pad- en lugvervoer landwyd
  • ’n Reeks versekerde voordele wat voorsien in jou behoeftes tydens elke lewensfase
  • Voordele vir voorbehoedmiddels
  • Uitgebreide swangerskap-en-babavoordele
  • ’n 15%-spaarrekening vir mediese uitgawes soos konsultasies, medisyne, tandheelkunde en oogkunde
  • Enige ongebruikte fondse in jou spaarrekening word outomaties na die volgende jaar oorgedra
  • Jy betaal net vir twee kinderafhanklikes jonger as 18 jaar en jy betaal hierdie ledegeld vir alle kinders jonger as 26
  • Prime 2 Netwerk is ideaal vir:

    • Jonger individue met geen chroniese siektes nie
    • Jong professionele mense wat wil spaar op hulle mediesefondspremies maar steeds die gemoedsrus wil hê dat hulle toegang tot privaat gesondheidsorg het

    Belangrik:

    Die ledegeld vir ’n netwerkplan is laer omdat dit gebruik maak van netwerkpraktisyns en netwerkfasiliteite wat ingestem het om spesiaal onderhandelde tariewe vir lede van die opsie te hef. Lede is verantwoordelik om netwerkdokters te besoek en netwerkhospitale te gebruik in ruil vir die laer maandelikse ledegeld.

    Wanneer jy Prime 2 Netwerk kies, sal hierdie toegewyde netwerke na jou gesondheid omsien:

    • Algemene praktisyns in die netwerk sal jou gesond hou en jou na spesialiste verwys indien nodig
    • ’n Landwye netwerk van toegewyde privaat hospitale vir beplande prosedures
    • ’n Aangewese diensverskaffer waar jy jou VMV- chroniese medisyne teen die beste prys kan kry sodat jy nie oor bybetalings hoef te bekommer nie

    Dink jy dat hierdie mediesefondsplan dalk in jou behoeftes sal voorsien?

    Jy kan enige tyd met ’n geakkrediteerde Medihelp-adviseur gesels wat sal help om jou behoeftes te ontleed en advies sal gee oor die beste opsie vir jou. Klik here hier om jou besonderhede te voltooi en ’n adviseur sal jou kontak met bystand.


Share this on: